Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Geen somerkonserte in Kaapstad, Randburg

Geen konserte sal dié somer en komende winter in die botaniese tuine van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) aangebied word nie.

Dit sluit Kirstenbosch in Kaapstad en die Walter Sisulu- botaniese tuin in Roodepoort, Gauteng, in.

Volgens Craig Allenby, Sanbi se direkteur van bemarking en kommersialisering, is dit onmoontlik om ’n konsertreeks te beplan weens die koronavirusregulasies en onsekerheid daaroor in die komende maande.

Hy sê in ’n verklaring besoekers se veiligheid is hul topprioriteit en onder die omstandighede is konserte en groot besoekergetalle onmoontlik.

’n Vorige konsert in die Kirstenbosch Botaniese Tuin.

Die somersonsondergang-konserte word reeds die afgelope 28 jaar in Kirstenbosch gehou.

Sarah Struys, die botaniese tuin se geleenthede- en toerismebestuurder, sê hulle hoop besoekers sal steeds die tuin besoek en kleiner byeenkomste wat hulle aanbied, geniet.

Mense sal op die hoogte gehou word van enige verwikkelings rondom die koronavirus-regulasies.

Kaartjiehouers van die Kirstenbosch-somerkonserte (van die laaste seisoen wat vir die somer herskeduleer was) se geld sal deur Webtickets terugbetaal word. Mense kan ’n e-pos na refunds@webtickets.co.za stuur.

Besoek www.sanbi.org vir inligting oor toekomstige byeenkomste en aktiwiteite in nasionale botaniese tuine.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.