Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Hier is die finaliste!

Hier is hulle! Die 15 finaliste vir Buite, Inverdoorn, Cameraworld en Lanzerac-hotel-spa se Natuurfoto-kompetisie. En maggies, dis mooi, somer baie mooi en deksels treffend.

Die liefde wat Suid-Afrikaners vir ons land se natuur en die buitelewe in die algemeen het, is elke jaar met dié Natuurfoto-kompetisie weer duidelik. Vanjaar se inskrywings (ongeveer ­7 000 foto’s is ontvang), is grootliks in Suid-Afrika se tuine, parke, natuur- en wildreservate geneem.

Dis altyd interessant om te sien waarop fotograwe hul fokus het – verlede jaar was dit beslis vlieënde geveerdes. Hierdie keer was dit die grootpote en hul kleintjies. Of hulle saam hardloop op grondvlaktes, of baljaar in modderpoele, elkeen was heerlik om na te kyk.

Die paneel moes verlede week met die moeilike taak sit om uit duisende kiekies ongeveer 50 op die kortlys te kry, toe 15 van die bestes kies en eindelik die drie wenners. Laasgenoemde word volgende Woensdag by ’n spesiale geleentheid by die Lanzerac-hotel-en-spa op Stellenbosch aangekondig. Hou Die Burger en Buite dop vir die aankondiging!

Dankie vir elkeen se inskrywing(s) – ons maak volgende jaar weer so. Geluk aan die finaliste met jul inskrywings!

Marieta Foord van Brackenfell het dié foto op 1 Junie in Kirstenbosch geneem.
James Luckhoff van Hermanus het dié foto in die Krugerwildtuin geneem.
Kate Morris het dié foto by Vermaaklikheid geneem. Sy sê sy moes ’n paar foto’s neem om die regte een te kry!
Een van Kate Morris van Somerset-Wes se inskrywings. Sy het dié foto in Somerset-Wes geneem.
Heather Meintjes van Port Elizabeth het dié foto op 6 Junie by Mabuasehube in Botswana geneem.
Gideon Malherbe se foto van drie jong kameelperdbulle wat omtrent hul nekke knoop in die Kgalagadi.
Deon Oosthuizen het dié Kaapse rivierpadda by die Harold Porter- Botaniese Tuin by Bettysbaai afgeneem.
Dié skouspel het voor Barbara van Eeden teen ’n klip by die Augrabieswaterval afgespeel.
“Die groot sluk” is deur Treurnicht du Toit op 18 September by Lake Panic, Skukuza, in die Krugerwildtuin geneem.
Dié foto van Maudi Vermeulen is in die Kgalagadi geneem. Sy het twee inskrywings onder die finaliste.
Pierre Rossouw van Bellville se foto van twee olifante in ’n 100 m-resies naby Shingwedzi.
Obie Prins het dié foto by Stormsriviermond geneem. Die sprinkaan het op ’n bankie langs die see gesit.
Muller Dirker van Stilbaai het dié foto van twee bloureiers wat baklei vir ’n staanplek op ’n seekoei se rug by die Sunsetdam naby die Laer-Sabie-ruskamp in die Kruger geneem.
Robert Hofmeyr van Hermanus het dié verkleurmannetjie in Madagaskar afgeneem.
Maudi Vermeulen van Worcester het dié foto in die Chobe-natuurreservaat in Botswana geneem.

Meer oor:  Finaliste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.