Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Hoe voëls die mens kan help om te oorleef

    Tobie Wiese vertel meer van die “taal van voëls” en hul aanpassing te midde van droogtetoestande en klimaatskommeling.

    Kort nadat die mossies soggens in die bome oorkant my huisie begin kwetter, gee Jenny, my bruinkop-papegaai, haar oggendsinjaal saggies om te sê Frank en Francis, die twee Kaapse fisante wat my huis vir ’n padkafee aansien, is ook al buite besig om te kloekklik. Ek is bietjie doof en hoor nie Frank-hulle se gekyf om my wakker te kry nie. Ek glo maar wat Jenny aankondig.

    Buite gekom, sit Thys die veldmuis ook al en pootjies vryf want hy het by Suzi die tortel geleer waar Jenny se oorskiet-sonneblomsaad rondlê. Hy kyk my soos ’n bedelaar reguit in die oë.

    Aan mnr. Mostert die mossie wat by my verbyvlieg kombuis toe, steur ek my nie. Hy is agter broodkrummels aan.

    Die fisant Frank staan nader vir ’n happie uit die hand wat hom en sy maats ter wille van oorlewing voed, nadat almal klaar met ontbyt is. Van die fisante stap ook gereeld deur die huis op soek na ’n morseltjie.Foto: TOBIE WIESE

    Dié daaglikse roetine is jare lank reeds aan die gang, en nie uit jammer kry of liefde vir die plaaslewe nie; dit is my manier om die plaaslewe te geniet en minstens ’n paar spesies te laat oorleef in die wêreldwye toenemende droogtetoestande.

    Dit is ook in pas (al is dit van die kantlyn af) met wat navorsers sê wat ons moet doen om voëls wat deur klimaatsverandering bedreig word te help oorleef. Ons ouens wat sterre kyk en die weerpatrone lees, kan getuig dat niemand vir donderweer die vuis kan wys nie. Ewe min kan ons reën na willekeur bestel wanneer ons dit nodig het.

    “Wat wel gedoen kan word is om die natuur toe te laat om ons te wys hoe ons kan help om die wêreldkrisis te oorleef”, sê dr. Susi Cunningham van die FitzPatrick-instituut vir Afrika-voëlkunde. Dié groep bestaan uit studente van die Universiteite van Kaapstad en Pretoria.

    Verskeie droogtegeteisterde gebiede in Amerika, Australië en Suid-Afrika (in Upington en Vanwyksvlei) word bestudeer. Die bevindinge word wêreldwyd gedeel en die voorlopige goeie nuus is dat voëls reeds aangepas het om bedags in 40 °C en minus 10 ° saans te oorleef.

    Dit lyk asof Suid-Afrika se voëls, veral duiwe, onder die spesies is wat die vermoë het om oorbodige liggaamshitte te “stort”.

    Die Namakwaduifie is boaan die lys van spesies wat met die beste metabolisme toegerus is om dit te kan doen.

    Cunningham vertel dat die vreemde aanpassing in uiters warm toestande geskied.

    Die moeilikheidsgraad kan vergelyk word met die verskil tussen ’n oggend koppie koffie (77 grade C) en snags ’n bakkie roomys; (minus 10 grade C).

    Volgens Cunningham het die koolstofdioksiedvlakke op ons planeet die afgelope 260 jaar met 36% toegeneem en is veral voëls baie naby aan ’n denkbeeldige afgrond wat op tussen 40 en 50 grade C op hulle wag.

    Tog oorleef voëls die erge hitte in die geteisterde gebiede met hul ingeboude vermoëns.

    Die FitzPatrick-span skryf die verskynsel toe aan die vermoë van voëls om hul oormatige liggaamshitte met ’n proses van verdamping te stort om koel te bly. Hulle gebruik onder meer die wisselende landskap, hyg na asem, benut die wind en vermy hitte wat van die grond af opstyg.

    Die vraag is wat die mens kan doen om te help. “Ons kan skuilings maak en water verskaf waar daar min is. Ons kan konsumpsie van wilde lewe verminder,” sê Cunningham.

    “Ons kan baie by voëls leer om vir die toekoms te beplan.”

    Geen valk of roofvoël sal dit tussen sulke takke inwaag sonder om sy vlerke te breek nie. Boonop weet Little Suzi (die tortel op die foto) dat Frank die fisant die gebied veilig “verklaar” het en kon sy vinnig skuiling soek.

    As waarnemer het die gedrag van voëls en diertjies sowat 40 jaar gelede reeds my aandag getrek en onwetend het ek geleer om met diere te kommunikeer

    deur gedragspatrone na te boots. ’n Sagte stem terwyl jy saad strooi en dan die rug op hulle keer, wys aan die geveerde besoekers jy wil hulle nie seermaak nie. Die muis, die akkedis en eekhorinkie sien hoe die tortelduif en die patrys my vertrou en sommer gou is daar “veilige” vrede op my werf. Of so lyk dit.

    Die klomp bly waaksaam en dit is net Frank die patrys wat langnek eenkant staan om die lug vir roofvoëls te fynkam.

    Die oomblik as hy ’n sperwervalk gewaar laat spaander hy en die hele lot wag nie om te sien wat dreig nie. Frank se lyftaal is die teken om te vlug.

    Hoe Frank en Jenny weet wanneer gevaar dreig sal net hulle weet, want soms spat die lot uitmekaar lank voor die valk se skaduwee oor hulle val. Aan die witkruisarend steur geen voël hom nie want visarende soek vis by die dam. Jenny is snags ook my sekuriteitswag en sal gou ’n sagte geluidjie maak wanneer ’n rondloper of vreemdeling buite verby beweeg.

    Bedags kan ek maar net na haar kyk om te weet daar is ’n roofvoël hoog in die lug bokant ons, of op ’n paal in die in die wingerd. Jenny het my klaar gesê en die jagvoël weet ons weet van hom.

    Kort nadat die mossies soggens in die bome oorkant my huisie begin kwetter, gee Jenny, my bruinkop-papegaai, haar oggendsinjaal saggies om te sê Frank en Francis, die twee Kaapse fisante wat my huis vir ’n padkafee aansien, is ook al buite besig om te kloekklik. Ek is bietjie doof en hoor nie Frank-hulle se gekyf om my wakker te kry nie. Ek glo maar wat Jenny aankondig.

    Buite gekom, sit Thys die veldmuis ook al en pootjies vryf want hy het by Suzi die tortel geleer waar Jenny se oorskiet-sonneblomsaad rondlê. Hy kyk my soos ’n bedelaar reguit in die oë.

    Aan mnr. Mostert die mossie wat by my verbyvlieg kombuis toe, steur ek my nie. Hy is agter broodkrummels aan.

    Dié daaglikse roetine is jare lank reeds aan die gang, en nie uit jammer kry of liefde vir die plaaslewe nie; dit is my manier om die plaaslewe te geniet en minstens ’n paar spesies te laat oorleef in die wêreldwye toenemende droogtetoestande.

    Dit is ook in pas (al is dit van die kantlyn af) met wat navorsers sê wat ons moet doen om voëls wat deur klimaatsverandering bedreig word te help oorleef. Ons ouens wat sterre kyk en die weerpatrone lees, kan getuig dat niemand vir donderweer die vuis kan wys nie. Ewe min kan ons reën na willekeur bestel wanneer ons dit nodig het.

    “Wat wel gedoen kan word is om die natuur toe te laat om ons te wys hoe ons kan help om die wêreldkrisis te oorleef”, sê dr. Susi Cunningham van die FitzPatrick-instituut vir Afrika-voëlkunde. Dié groep bestaan uit studente van die Universiteite van Kaapstad en Pretoria.

    Verskeie droogtegeteisterde gebiede in Amerika, Australië en Suid-Afrika (in Upington en Vanwyksvlei) word bestudeer. Die bevindinge word wêreldwyd gedeel en die voorlopige goeie nuus is dat voëls reeds aangepas het om bedags in 40 °C en minus 10 ° saans te oorleef.

    Dit lyk asof Suid-Afrika se voëls, veral duiwe, onder die spesies is wat die vermoë het om oorbodige liggaamshitte te “stort”.

    Die Namakwaduifie is boaan die lys van spesies wat met die beste metabolisme toegerus is om dit te kan doen.

    Meer oor:  Oorleef  |  Voëls
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.