Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Hoop vir die Namib se wilde perde?

Die Namibwoestyn se wilde perde is op die randjie van uitwissing.

Foto: Teagan Cunniffe

Dit is luidens ’n verklaring van die Namibia Wild Horses Foundation. Sedert 2012, toe ’n groep hiënas in die Garub-vlaktes ingetrek het en op die perde begin jag maak, het die getalle van dié perde van 286 tot net 79 gedaal.

Net in 2013 het die hiënas honderde perde gevang en 50 van hulle was vulletjies. Oor die afgelope vyf jaar het geen enkele vul oorleef nie. Die jongste perd is sewe jaar oud.

Die reën wat in Mei verlede jaar in die woestyn geval het, het die lang droogte gebreek. ’n Grasveld het die woestyn bedek en die hiënas het die gebied verlaat. Die perde se getalle het stelselmatig weer op die been gekom en die eerste vulletjies is weer gebore. Daar was ’n opflikkering van hoop en dit het gelyk of die Namib-perde ’n tweede kans gekry het. Dit was egter van korte duur; die hiënas het na die Garub teruggekeer. Die Namibia Wild Horses Foundation doen al die afgelope paar jaar ’n beroep op die departement van omgewing en toerisme om die hiënas te bestuur of die stigting toestemming te gee om die perde na ’n veilige tuiste te verskuif.

Die departement het in Desember 2018 ’n verklaring uitgereik wat sê dat hulle die hiënas gaan verskuif, maar hul pogings om die hiënas te lok, was onsuksesvol. Intussen is niks verder gedoen nie en is al die vulletjies (behalwe een), wat in die laaste paar maande gebore is, deur die hiënas gejag.

’n Paar van die Namib-merries is dragtig. Hulle is die laaste hoop.

Die laaste vulletjie bly op die woestynvlaktes en dit kan enige dag sy laaste een wees, wat die hoop op ’n nuwe generasie gaan beëindig.

Meer oor:  Namibwoestyn  |  Wilde Perde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.