Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Ivan bly trap-trap op hoogte van SA sake
Ivan Zimmermann tydens sy fietstoer verlede jaar. Hy het van Kaiïo tot in Kaapstad getrap. Foto: Verskaf

Tussendeur die harde trapwerk in Tadjikistan op pad na Istanbul het Ivan Zimmermann na ’n internetuitsending van die Leeus se SuperRugby-eindstryd teen die Hurricanes geluister.

Die akteur en avonturier is nou in Oezbekistan waar hy temperature van 40 °C en  hoër op sy fietstoer moet trotseer.

Hy het op 15 Mei saam met 14 ander fietsryers uit Beijing na Turkye vertrek en het reeds 86 dae van sy reis van 145 dae voltooi en meer as 7 700 km getrap.

Oor die Leeus-wedstryd het hy getwiet: “Uitstekende kommentaar @johanrademan1. Groete uit Tadjikistan.” Zimmermann was in Dushanbe toe die munisipale verkiesing in Suid-Afrika gehou is.

“Ek kan die winde van verandering in Suid-Afrika voel heelpad van Dushanbe, Tadjikistan, af,” het hy Woensdag getwiet.

Hy ry deur onder meer China, Mongolië, Rusland, Kazakstan en Iran op sy 12 280 km lange reis. Hy hoop om teen 5 Oktober in Istanbul aan te kom.

Meer oor:  Fietstoer  |  Fietsry  |  Fiets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.