Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
joBerg2C vat die langpad na KZN

Een van die grootste bergfietsbyeenkomste in die land, die joBerg2C, begin vanoggend (Vrydag 26 April) om 08:00 by Karan Beef in Heidelberg. Sowat 800 fietsryers beoog om vir die volgende nege dae al die pad Scottburgh toe te ry in KwaZulu-Natal. Vandag se roete eindig in Frankfort waar die boeregemeenskap bontstaan om die ryers te wys wat Vrystaatse gasvryheid nou eintlik beteken.

Daar is 300 werkers by hierdie byeenkoms wat elke dag sorg dat die groot masjien glad loop, soos die tentedorpe met meer as 500 tente wat opgeslaan moet word.

Die roete oor die volgende nege dae strek oor vier provinsies en ryers gaan oor 220 private plase van 132 verskillende landeienaars ry.

Vanjaar is daar 233 internasionale deelnemers en 32 verskillende lande word verteenwoordig soos Noorweë, Denemarke, Singapoer, Swaziland, Uganda, Indonesië, Swede, Portugal, België, Holland, Switserland, Nieu- Seeland, Amerika, Kanada, Italië, Frankryk en Spanje.

Daar is 300 werkers by hierdie byeenkoms wat elke dag sorg dat die groot masjien glad loop, soos die tentedorpe met meer as 500 tente wat opgeslaan moet word.

Omdat die gemeenskappe van die verskillende dorpe nou betrokke is by die byeenkoms, werk daar jaarliks 500 ma’s en pa’s en onderwysers by die joBerg2C. Oor die afgelope tien jaar van die byeenkoms se geskiedenis, is R30 miljoen ingesamel en uitbetaal aan die verskillende instansies wat die tentedorpe huisves. Op Frankfort is een van die plaaslike skole verantwoordelik vir die tentedorp en daar word jaarliks vertel dat dié byeenkoms die lewenslyn van die skool is.

Die gemiddelde ouderdom van deelnemers aan die joBerg2C is 46 jaar.

joBerg2C
joBerg2C

Meer oor:  Kwazulu-Natal (Kzn)  |  Fietsry  |  Joberg2c
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.