Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Jy kan sani2c solo aanpak

Die gewilde KAP sani2c-bergfietsmarathon kan nou ook as ’n solo-ryer gery word; dis nie net meer spanne wat kan deelneem nie.

Die Umkomaas-vallei is een van die mooiste plekke waar jy in jou lewe sal fietsry. Foto: KELVIN TRAUTMAN

Die organiseerders van die sani2c was nog altyd ingestel op die deelnemers se behoeftes.

Vanweë die groot vraag is die besluit geneem dat ryers ook nou solo mag deelneem aan vanjaar se byeenkomste, wat op 12 tot 14 Mei (Trail), 13 tot 15 Mei (Adventure) en 14 tot 16 Mei (Race) plaasvind. Al die inskrywings vir die Adventure is egter reeds uitverkoop.

Die KAP sani2c is ’n driedag- byeenkoms wat oor 263 km strek deur die mooiste dele van die suidelike Drakensberge, deur plase, woude, ’n natuurreservaat, asook suikerrietlande tot by die see in Scottburgh. Die ren is bekend om die skouspelagtige “Umko Drop”, ’n 40 km lange afdraande in die Umkomaas-vallei af en dan die gevreesde “Iconic Climb” daaruit.

Vir nader inligting, besoek hul webwerf op sani2c.co.za of facebook op sani2c, Twitter: _sani2c en instagram: _sani2c.

Meer oor:  Fietsryer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.