Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Kango-grotte bied nou net Erfenistoer aan

Net een toer sal vir die afsienbare toekoms in die Kango-grotte in Oudtshoorn aangebied word.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit het Donderdag gesê slegs die Erfenistoer sal aangebied word.

Die Avontuur-toer, wat vereis dat besoekers fiks moet wees en wat bestaan uit nou gange en tonnels, is opgeskort tot verdere kennisgewing.

Volgens die munisipaliteit behels die Erfenistoer ’n gemaklike staptog deur die eerste ses grootste grotkamers.

Die grootte van die groepe vir dié toer is ook aangepas, gegewe die vereistes vir die handhawing van ’n gesonde afstand. Mense word gevra om vooraf te bespreek.

Die munisipaliteit sê die Erfenistoer het voorheen voorsiening gemaak vir 100 mense, maar dit is nou verander in pas met die maatreëls vir veiligheid, en slegs 20 mense word nou toegelaat. Die toer vind elke 30 minute plaas, luidens ’n verklaring.

Die grotte het op 11 September vanjaar weer oopgemaak nadat dit vir byna ses maande gesluit was weens die Covid-19-pandemie. Sover bekend, was dit die eerste keer sedert die grotte in die laat 1800’s vir die publiek oopgestel is, dat dit so lank gesluit was.

Die Kango-grotte

Meer oor:  Oudtshoorn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.