Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Kirsten se Dakar ’n eerste vir vroue in Afrika

’n Ongeluk in 2013 waarna sy vir meer as ’n week in ’n geïnduseerde koma was, het haar byna haar lewe gekos. Nou maak dié Johannesburger, wat die afgelope drie jaar in Durban woon, net geskiedenis waar sy gaan.

Kirsten Landman (28) gaan die eerste vrou van Afrika wees wat aan die Dakar-ren in die motorfietsafdeling deelneem.

Kirsten Landman tydens die Afriquia Merzouga-tydren in Marokko waar sy vir die 2020 Dakar-ren in die motorfietsafdeling gekwalifiseer het. Foto: Verskaf

“Toe ek besluit het om vir die Dakar-ren in te skryf was ek onbewus daarvan dat ek die eerste vrou uit Afrika sal wees wat dit met ’n motorfiets gaan aandurf. Dit is ’n eer vir my om my land te verteenwoordig. Die ren gaan ook grootste ren van my lewe wees. Ek sien uit na die uitdaging.”

Landman se liefde vir motorfietsrenne het op ’n vroeë ouderdom by die Daytona-motorfietspark tussen Dainfern en Diepsloot posgevat.

“Ek het grootgeword in ’n motorfiets-gesin. Ek het op ’n veldfiets begin ry toe ek agt jaar oud was en toe ek 14 word, het ek my eerste motorfiets gekry. Op 22-jarige ouderdom het ek aan my eerste internasionale kompetisie deelgeneem.”

Landman het in April vanjaar vir die Dakar-ren gekwalifiseer met ’n puik vertoning in die Afriquia Merzouga-tydren in Marokko waar sy die vroueafdeling gewen het.

Kirsten Landman tydens die Afriquia Merzouga-tydren in Marokko waar sy vir die 2020 Dakar-ren in die motorfietsafdeling gekwalifiseer het.Foto: Verskaf
Kirsten Landman tydens die Afriquia Merzouga-tydren in Marokko waar sy vir die 2020 Dakar-ren in die motorfietsafdeling gekwalifiseer het.Foto: Verskaf

Die ren was oor vyf dae en Landman het 1 200 km afgelê.

“Om vir die Dakar te kwalifiseer moet ek aan ’n internasionale ren deelneem. Ek het outomaties vir die Dakar gekwalifiseer omdat ek nie enige strafpunte in die Merzouga-tydren afgestaan het nie.”

Suid-Afrika se voorste vroue-uithourenjaer is ’n vrou van eerstes en is gewoond daaraan om die enigste vrou te wees wat tussen die mans moet deelneem.

“Daar is nie altyd genoeg vrouejaers om in van die kompetisies deel te neem nie.”

Sy het die eerste vrou geword wat die Redbull Romaniacs, Redbull Sea to Sky, Redbull Megawatt 111, Redbull Braveman en die Roof of Africa voltooi het.

Haar eerste internasionale kompetisie was die Redbull Romaniacs waar sy algeheel 47ste vanuit 160 jaers in die bronsafdeling geëindig het. Sy was ook die eerste vrou oor die wenstreep.

Landman sê die Roof of Africa-motorfietsren van 2016 in Lesotho is ook een van haar renne wat uitstaan.

Kirsten Landman tydens die Afriquia Merzouga-tydren in Marokko waar sy vir die 2020 Dakar-ren in die motorfietsafdeling gekwalifiseer het.Foto: Verskaf
Kirsten Landman tydens die Afriquia Merzouga-tydren in Marokko waar sy vir die 2020 Dakar-ren in die motorfietsafdeling gekwalifiseer het.Foto: Verskaf

“Dit was my eerste keer dat ek in die goue afdeling meegeding het. Ek het geskiedenis gemaak deur die eerste vrou in 50 jaar te wees wat aan die ren deelneem en dit voltooi het sonder enige hulp. In 2014 en 2015 het ek ook aan dié motorfietsren deelgeneem, maar in die silwer-afdeling.”

Landman het ook Springbokkleure in motorsport.

In 2017 het sy weer aan die Botswana 1000-woestynren deelgeneem wat haar byna haar lewe in 2013 gekos het.

“Daar is baie mense wat nie ’n tweede kans kry nie. Ek het besluit om weer op my motorfiets te klim. Ek is dankbaar vir my lewe en gee altyd my beste. Vir my om aan die Dakar-ren deel te neem is ook om my vrese te oorkom.”

Buiten haar liefde vir die buitelewe het Landman ook ’n sagte plek vir diere. Sy het vier honde vir wie sy baie lief is en het ook die S.A.M-stigting op die been gebring om mense op te voed oor diere.

Die Dakar-ren is in Januarie 2020 in Saoedië-Arabië. Landman moet 9 000 km oor 12 dae op dieselfde motorfiets aflê en mag die enjin net eenkeer vervang.

Meer oor:  Geskiedenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.