Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Kom leer hoe om voëls uit te ken
Die landgoed Morgansvlei in Tulbagh.

Flight for Birders het ontstaan om beginners en ervare voëlkykers te help om op ’n praktiese en volhoubare manier betrokke te raak by voëlkyk.

Basiese stappe in die uitken van voëls word uitgelig en die identifikasie van tuinvoëls, watervoëls, roofvoëls en moeiliker spesies word bespreek.

Die kursus word geïllustreer met meer as 1 600 beelde en tekeninge. Klem word geplaas op die verdere ontwikkeling van die Route 62-streek as ’n topvoëlbestemming.

Belangrike bewaringsvraagstukke word bespreek en daar word gefokus op die groei van voëlkyktoerisme.

Koste sluit in basiese aantekeninge en sertifikate wat deur BirdLife South Africa onderteken word.

Geskenkbewyse is ook beskikbaar – ’n ideale geskenk vir voëlkykers.

Waar en wanneer? Environmental Education Centre, Karoo- botaniese tuin, Worcester | 8 en 9 Junie

Hoe laat? 09:00

Hoeveel kos dit? R600 per persoon

Meer inligting: Kontak Elaine by 082 455 8402 of stuur e-pos na mwjasser@mweb.co.za.

Meer oor:  Omgewing  |  Buite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.