Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Kom ontvlug aan die Kaapse kuste

Vat ’n paar dae af, kry die familie in die motor en ry kuslangs en bewonder die natuur. En as jy wonder waar om oor te bly, lees verder!

Met die walvisseisoen nou op hande is die suidelike en oostelike kuslyne die beste plek om dié grotes van die see te sien.

Kaap Agulhas: Agulhas Country Lodge Foto: Cape Country Routes

Maar vakansiegangers is altyd op soek na die perfekte blyplekke waar hulle nie net die walvisse kan sien nie, maar wat ook ander doendinge bied.

Cape Country Routes (CCR) verskaf inligting oor verskeie doendinge en akkommodasie langs Suid-Afrika se gewilde reisroetes.

Hier is ’n paar plekke as jy, jou familie of vriende ’n rit langs die kus wil aanpak om die suidelike noorkappers te sien:

  • Kom klop gerus aan by die Agulhas Country Lodge wanneer jy die suidelikste punt van Afrika besoek waar die Atlantiese en Indiese Oseane bymekaarkom. Die Agulhas Country Lodge, ’n hotel wat van natuurlike kalksteen gebou is, is op die rant van Kaap Agulhas op die krans net bokant die see. Die lodge bied ’n ervaring naby aan die natuur en beskik oor agt en suite-kamers, elk met ’n balkon wat op die see uitkyk.
  • Nie te ver van Agulhas nie sal jy op Waenhuiskrans, ’n ou vissersdorpie, afkom waar die Arniston-spa-hotel grens aan die see. Dié viersterhotel bied ’n panoramiese uitsig oor die Indiese Oseaan. Die hotel is ook veral bekend vir sy seekos­spyskaart. Die sjef kry natuurlik sy inspirasie van die see.
  • By die De Hoop-natuur­reservaat, buite Bredasdorp, is besoekers dubbel bevoorreg – die oseaan is in jou agterplaas terwyl die wild op jou drumpel wei. Die natuurreservaat het ’n verskeidenheid van verblyf­opsies – van selfsorgchalets en -kothuise tot luukse ten volle toegeruste suites. Die De Hoop-natuurreservaat is ook veral bekend vir sy staproetes, van waar stappers en fietsryers bontebokke, Kaapse bergsebras en elande kan sien.
  • Die Zuurberg Mountain Village in die Addo-olifant Nasionale Park is die ideale blyplek wanneer jy die Oos-Kaap verken. Die hotel is boaan die Zuurbergpas en het ’n uitsig oor die park, waar besoekers olifante, Kaapse buffels, renosters, luiperds en leeus kan sien. Ander doendinge hier sluit in bergfietsroetes, perdry, begeleide staptoere asook wildritte.

Meer inligting: www.capecountryroutes.com

Arniston: Arniston-spa-hotel
Naby Bredasdorp: De Hoop-natuurreservaat
Addo-olifant Nasionale Park: Zuurberg Mountain Village

Meer oor:  Kaapstad  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.