Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Kom stap hom in die volmaan!
Die uitsig oor die Boland wanneer jy Klapmutskop op die plaas Delvera langs die R44 tussen Stellenbosch en die Paarl uitklim. Foto: Denzil Maregele

Op die plaas Delvera, langs die R44 tussen Stellenbosch en die Paarl, sal jy elke volmaanaand – as jy mooi kyk – liggies van stappers se kopligte al langs Klapmutskop sien beweeg. Ook Malani Venter het dié roete in die maanlig aangepak.

Ek verkies daglig bo maanskyn as ek in die natuur gaan stap – om ’n eenvoudige rede: Ek wil ordentlik kan sien wat in die grondpaadjie voor my is.

Maar daar is iets omtrent die volmaanstaptog op Delvera wat dit beslis die moeite werd maak. Die sonsondergang wanneer ’n mens halfpad teen die koppie is, die piekniek wanneer jy jou eindpunt bereik het en die wag vir die volmaan sal ek graag weer wil ervaar.

Maar kom stap dit en besluit self!

Die volmaan verskyn.Foto: DENZIL MAREGELE
Ander aktiwiteite

Op Delvera vind in die loop van die jaar verskeie buite-aktiwiteite plaas. Dít lê nog voor:

November

  • 12: Delheim-veldwedloop
  • 12: Delheim-nagrit
  • 13: Delheim-bergfietsdag en -uithourit
  • 13: Delvera Falke-volmaanstap
  • 27: Klapmuts Cup-veldwedloop

Desember

  • 14: Delvera Falke-volmaanstap
  • 31: Delvera-Oujaarsaand-sonsondergangstap

Die volmaanstaproete

  • Die roete is sowat 9,75 km lank en maak deel uit van ’n sirkelroete deur die wingerde en die Geelhoutwoud tot bo-op Klapmutskop.
  • Die tyd wanneer jy begin stap, verskil met elke volmaan. Besoek dus www.dirtopia.co.za om hiervan seker te maak.
  • Die klim is glad nie erg nie; jy hoef nie een van die fiksste stappers te wees nie.
  • Wanneer jy bo is, geniet jy die uitsig (jy kan tot Tafelberg sien) én ’n drink- en ’n eetdingetjie. En jy sien hoe die volmaan sy verskyning oor die Boland maak.
  • Jy kan egter nie vir ewig daar bo vertoef nie – daar is spertye wanneer jy by die aanmeldkantoor moet wees, en dit verskil van seisoen tot seisoen. Maak dus seker voordat jy gaan stap.
  • Plaasvoertuie is beskikbaar om kinders en ouer stappers van die beginpunt tot by die Peperboom (’n bekende baken langs die roete) te neem. Die roete is dan sowat 4,5 km lank, en dit sal jou ongeveer 30 minute kos om tot op die koppie te kom.
  • Flitsligte is nodig wanneer jy van die koppie afstap (daar is te koop by die Dirtopia Trail Centre, wat op die plaas geleë is). Bring ook iets warms saam om aan te trek, want die nagte kan daar vinnig koud raak, selfs in die somer.
Wanneer jy bo-op Klapmutskop kom, geniet jy die uitsig en ’n piekniek voordat die volmaan opkom. Foto: DENZIL MAREGELE
Die staproete na Klapmutskop op die plaas Delvera is nie moeilik nie, en jy sal jou aan die uitsig verkyk.
Wingerde strek tot doer in die verte.
Die Boland op sy mooiste – soos gesien vanaf Klapmutskop op die plaas Delvera net buite Stellenbosch.

Hoeveel kos dit?

  • R70 per persoon word gevra, maar vir kinders jonger as 10 jaar is dit net R30. Dit sluit vervoer op die plaas, die stappermit en ’n kaart in.
  • Jy kan op die dag van jou staptog betaal, maar ’n groep van tien en meer mense moet vooruit betaal.
  • Klapmutskop is deel van die Simonsberg-bewarea, en ’n deel van die geld word geskenk aan dié organisasie sonder winsoogmerk.
  • Omdat die staproete in ’n bewarea geleë is, mag geen hond saamkom nie.
  • As jy ’n piekniek op die koppie wil geniet, moet jy vooraf bespreek en twee dae voor jou staptog betaal. Dit kos R80 per persoon.

Jy mag ook jou eie versnaperings bring. Bespreek vroegtydig, want die plek is beperk. Stuur e-pos na info@dirtopia.co.za, of bel 021 884 4752.

Die volgende staptog?

  • Vanjaar:

13 November, asook 14 en 31 Desember.

  • 2017: m12 Januarie, 10 en 11 Februarie, 11 en 12 Maart, 11 April, 6 September, 5 Oktober, 3 en 4 November, asook 2 en 3 Desember.
Meer oor:  Staproete  |  Stap  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.