Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Kom stap saam in berge en in dale
Stap een van vier roetes in die Jonkershoek-natuurreservaat buite Stellenbosch. Foto: WIKIPEDIA

Waar is dit geleë?

Die reservaat is sowat 9 km van Stellenbosch af.

Twee reservate in een

Die reservaat is sowat 11 000 ha groot, terwyl die kleiner Assegaaibosch-natuurreservaat, wat by die Jonkershoek-natuurreservaat ingesluit word, oor 204 ha strek.

Die kleiner reservaat is die tuiste van die historiese Assegaaibosch-plaasopstal, ’n nasionale gedenkwaardigheid wat in 1792 gebou is. Albei reservate is Wêrelderfenisterreine.

Berge en dale

Die ruwe Jonkershoekberge, wat deel vorm van die Bolandse berge, kom hier voor. Die Eerste-, die Berg- en die Lourensrivier asook die Riviersonderend begin hoog in die berge vloei, maar net die Eersterivier vloei deur die Jonkershoekvallei.

Fauna en flora

Meer as 1 100 plantspesies kom hier voor, waarvan talle en­demies en skaars is. Kenmerkende spesies soos die Protea ­repens en P. neriifolia word hier gevind. Eikebome, hoewel dit nie inheems is nie, is toegelaat om in die Assegaaibosch te groei vanweë hul erfeniswaarde.

’n Verskeidenheid van soogdiere (luiperds, ratels, bobbejane, klipspringers en muishonde), voëls (vis- en witkruisarende, suikerbekkies en proteasaad-vreters) asook reptiele (koggelmanders) word aangetref. Stappers moet op die uitkyk wees vir bergadders, pofadders, boomslange en Kaapse kobras.

Wat seg die weer?

Die klimaat van die gebied is soortgelyk aan dié van die Suid-wes-Kaap. Die somers is warm tot baie warm, met ’n sterk suidoostewind wat ’n brandgevaar kan inhou. Die winters is koud en nat met gewoonlik ’n sterk noordwestewind. Stappers moet daarop let dat weerstoestande vinnig kan verander.

Gaan stap hier

Die Jonkershoek-natuurreservaat het dié vier staproetes:

Swartboskloof-Sosyskloof: Dit is sowat 5,3 km en kos jou ongeveer twee uur. Of neem die langer roete van 6,9 km van sowat 2½ uur.

Swartboskloof: Sowat 18 km – jy sal sowat ses uur nodig hê..

Panoramakring: Altesaam 17 km, en dit sal sowat ses uur verg om te voltooi.

Tweede Waterval: Sowat 6,4 km, ongeveer twee uur se stap.

Hoe om daar te kom

Van Kaapstad neem jy die N2 na Stellenbosch. Neem afrit 33 vir Baden Powell-rylaan na die R310 /Stellenbosch/Macassar. Draai regs op die Polkadraaipad/R310 en volg die pad. Hou effe links – dit is Adam Tasstraat. Draai regs op in Merrimanlaan en hou reguit tot by die verkeersirkel. Neem die afrit na Martinsonweg (aan jou linkerkant). Hou reguit by die verkeersirkel – dit is Martinsonweg – en hou reguit aan met die pad wat inloop op die Jonkershoekpad. Volg die bordjies tot by die ingang.

Onthou dié nommers

Kantoor: 021 866 1560

Nood: 082 467 0405

Verblyf en permitte: 021 483 0190

Bron: CapeNature

Meer oor:  Stellenbosch  |  Staproete  |  Omgewing  |  Natuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.