Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
KYK: 2 luiperds ontspan op dak

Vergeet van die kersie op die koek as jy twee luiperds op ’n dak kan kry.

Dit is presies wat gaste by ’n lodge in die Laeveld van Mpumalanga Dinsdagoggend aangetref het toe hulle voor sonop op ’n wildrit uit is.

Die luiperdwyfie en haar welpie het met sonsopkoms op ’n dak by die Singita Sabi Sand se private landingstrook ontspan. Foto: Ross Couper, Singita-fotograaf

Chene Wales-Baillie, die veldgids wat saam met die gaste was, sê hulle kon hul oë nie glo nie. Sy het self in die drie jaar dat sy by Singita Sabi Sand werk, nog nie gesien dat luiperds hulself op ’n gebou se dak tuismaak nie.

Dis die eerste keer dat twee luiperds hulle op die gebou se dak tuismaak. Foto: Ross Couper, Singita-fotograaf
Waar kry ’n luiperd nou ’n beter uitkykpunt om die gebied te bespied? Foto: Ross Couper, Singita-fotograaf

“Ek, die spoorsnyer en my gaste is voor sononder uit om op te volg oor die jagluiperdwyfie en haar welpie. Ons het hulle die vorige aand oos van die landingstrook gesien met ’n rooibok wat sy gevang het, maar wat deur hiënas afgeneem is.”

Ross Couper, fotograaf van die lodge, was ook in die omgewing en Wales-Baillie en haar groep het besluit om op die pad langs die landingstrook te kyk of hulle enige teken van die luiperdpaar kon sien.

Daar was olifante regs van hulle en toe sy links kyk, het sy die volwasse wyfie gesien en “luiperd!” geskreeu.

“My gaste was absoluut verras. Die twee luiperds het ongeveer 15 minute op die dak gebly terwyl die goue lig van sonsopkoms omstreeks 06:00 begin skyn het.”

Lisa Carey, ’n woordvoerder van die lodge, sê die twee vierpotiges moes op die dak gekom het via ’n aangrensende muur.

“Hulle is ongelooflike rats diere en word dikwels op hoë punte aangetref om die gebied te bespied vir moontlike prooi. Die luiperdwyfie is ’n inwoner van Singita Sabi Sand. Haar welpie is al groter as sy en sal binnekort onafhanklik word en vir ’n kort rukkie nomadies deur haar grondgebied swerf voordat hy vertrek en ’n eie gebied vind,” sê Carey.

Sy sê gaste en personeellede wat die gesig gesien het, was in verwondering.

Couper het dadelik sy kamera uitgehaal en die petalje afgeneem.

Meer oor:  Groot Vyf  |  Luiperds  |  Wild
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.