Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
KYK: Hei, sis(sie)! Wil jy dans of ’n piksoentjie hê?

’n Egpaar wat Sondag ná ’n Moedersdagete in Botrivier by ’n padstal op die R43 gestop het, het op ’n vreemde addergebroedsel afgekom.

“Ek het nog nooit so iets gesien nie,” het Deon Meyer, ’n afgetrede inwoner van Kleinmond, gesê oor die hoop pofadders wat hy en Sonya, sy vrou, gesien het.

Hulle het kort voor 14:00 iets in die pad by die ingang na ’n padstal in die pad gesien lê.

“Ons het probeer uitmaak wat dit is, en het toe besef dat dit pofadders is. Ons het nie uit die motor geklim nie, maar van binne af foto’s en ’n video geneem. Aanvanklik het ek gedink daar is net twee, maar toe sê my vrou: ‘Kyk, daar is ’n derde pofadder.’ ”

Volgens Meyer was die slange ineengestrengel en dit wou lyk asof hulle mekaar wil pik.

Die Meyers het die petalje sowat vyf minute gade geslaan en toe na die padstal gery. Toe hulle terugkeer, was net een slang oor.

Meyer meen dit kan wees dat die slange gepaar het, of moontlik aan die baklei was.

• Volgens die webtuiste www.earthtouchnews.com het ’n besoeker, Kathy Gulyas Watson, in 2020 ook twee pofadders afgeneem wat ’n sogenaamde “paardans” in die Krugerwildtuin gedoen het.

Die pofadders wat naby Botrivier verstrengel is. Foto: Deon Meyer
Dié pofadders is naby 'n padstal opgelet. Foto: Deon Meyer
Nog ’n foto van die 'dansende' drie pofadders. Foto: Deon Meyer


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.