Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Leslie die robwyfie besorg Wollie ’n prys
Leslie, ’n robwyfie wat tussen 300 kg en 400 kg weeg, op die Santos-strand in Mosselbaai.
Leslie kon nie swem of eet terwyl sy vervel nie.
Leslie moes velle afgekrap kry.

Leslie, ’n sub-Antarktiese olifantrobwyfie van Marion-eiland wat haar tydelik in Mosselbaai tuisgemaak het, het Wollie Wolmarans van Pretoria na ’n kamera laat gryp.

Leslie het begin vervel en Wolmarans het die proses dopgehou en Beeld se lesers ingelig gehou.

Daarom is Wolmarans as die Desember-wenner van Beeld se Lesersfotoprojek aangewys.

Hy wen ’n vakansie vir twee mense van R5 000, geborg deur die Legend Hospitality Group.

Die rob het in Januarie verlede jaar vir die eerste keer by Jeffreysbaai aan land gegaan.

“Wetenskaplikes kan nie verklaar hoekom nie. Sy is tussen twee en vier jaar oud en weeg tussen 300 kg en 400 kg,” het Wolmarans gesê.

Van Jeffreysbaai af het Leslie kuslangs beweeg en eers by Groot-Brakrivier en toe by De Bakke in Mosselbaai aan land gegaan om te vervel.

“Van Groot-Brakrivier af is sy dag en nag deur die Strand­ed Marine Animal Rescue Team (Smart) opge-pas,” het Wolmarans gesê.

Leslie is later na Nautilusbaai verskuif waar sy ’n dag of twee deurgebring het en toe verkas het.

“Sy is toe die laaste keer op 27 Desember by Boggomsbaai opgemerk en tot op datum het sy nog nêrens haar verskyning gemaak nie. Dalk is sy by ’n verlate strand of hopelik terug na Marion-eiland waar sy kan paar en nog Leslies kan voortplant,” het Wolmarans gesê.

’n Krokodil hap na ’n blouwildebees by die Nsemanidam in die Krugerwildtuin op dié foto deur Tobias Loubser.

Tobias Loubser ontvang die tweede prys vir sy foto van ’n krokodil wat in die Nsemani-dam in die Krugerwildtuin na ’n blouwildebees op die wal hap. Loubser wen ’n vakansie vir twee van R2 500, ook geborg deur die Legend Hospitality Group.

Hoewel die foto nie volmaak is nie – die wildebees se kop is afgesny – is dit nogtans ’n treffer.

“Net voordat ek my kamera wou wegpak, sien ek ’n beweging en hoor ek net water spat en met dié druk ek die knoppie. Ek het nie gedink ons het iets in die kamera se raam vasgevang gekry nie, aangesien die blouwildebees so vinnig en hoog gespring het. Ek kom toe op die foto af. Die blouwildebees het net-net die krokodil se kake vermy,” het Loubser gesê. Die volledige reëls verskyn op Beeld se Facebook-blad. Klik op “notes” vir al die bepalings en voorwaardes. 

Meer oor:  Lesersfotoprojek  |  Robwelfie  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.