Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Luiperd op treinspoor in Glentana gekiek
Die beeldmateriaal van die luiperd op die treinspoor in Glentana.

’n Luiperd is onlangs vroegoggend op die treinspoor in Glentana, tussen George en Groot-Brakrivier, afgeneem.

Die luiperd is deur ’n veiligheidskamera gekiek waar dit op die treinspoor loop.

Volgens Johan Marais, wat die maatskappy besit waaraan die veiligheidskamera behoort, het hulle al voorheen luiperdspore in die gebied gekry.

“Die kamera is sowat twee jaar gelede geïnstalleer en hoewel heelwat ander diere al afgeneem is, is dit die eerste keer dat ’n luiperd op kamera vasgelê is. Ons het al spore gesien, maar nog nooit ’n luiperd in lewende lywe nie,” sê Marais, wat ook in die wildbedryf betrokke is.

Volgens hom is luiperds menssku en hoef mense in die omgewing nie op hol te raak of bang te wees nie.

Petro van Rhyn, woordvoerder van CapeNature, sê hulle weet van die beeldmateriaal wat op WhatsApp en Facebook versprei is.

“Tekens van luiperdspore is al in die verlede in die gebied aangemeld. ’n Luiperd se gebied is groot en die diere sal deur natuurlike areas beweeg sonder om konflik te veroorsaak.”

Talle mense het opgewonde op WhatsApp- en Facebookgroepe op die beeldmateriaal gereageer. “Aangename verrassing op ons Glentana-buurtwag se kameras,” het iemand op die Facebookgroep “Mosselbaai op sy Beste” oor die luiperd geskryf.

Nog mense vra dat die dier toegelaat word om in vrede deur die gebied te beweeg en bewaar moet word.

Meer oor:  Glentana  |  Groot-Brakrivier  |  Luiperd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.