Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Luiperdrob vorder van Kommetjie tot by Yzerfontein
Die luiperdrob is Sondag op Yzerfontein se 16 Myl-strand gevind. Foto: Verskaf

Die luiperdrob wat vroeër vandeesmaand by Kommetjie uitgespoel het, is die afgelope naweek op Yzerfontein se 16 Myl-strand gewaar.

Besoekers het die rob Sondag op die strand, sowat 3 km van die hoofstrand in die rigting van die Weskus Nasionale Park, gevind.

Volgens hulle het die rob geen sigbare beserings gehad nie, en hy het ’n plaatjie met die nommer “0027” aan sy lyf gehad.

Dieselfde luiperdrob het vroeër vandeesmaand by Kommetjie uitgespoel, waarna amptenare en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) hom geëvalueer het.

Die omgewingsdepartemente van die Kaapse metro en nasionale regering het gesamentlik besluit om die rob met rus te laat sodat hy kan gaan waar hy wil.

Marian Nieuwoudt, Kaapstad-metro se burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en die omgewing, het by navraag gesê die rob is eers by Kommetjie opgemerk. “Ons hou hom dop en die DBV het ook na hom gekyk. Ons vra die publiek om die rob alleen te laat.”

• ’n Antarktiese pelsrob wat op 15 Julie op Tergniet naby Mosselbaai se sandduine gevind is, sterk goed aan in die Bayworld-oseanarium in Gqeberha.

Volgens die organisasie Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart) het dr. Greg Hofmeyr, kurator van mariene soogdiere van Bayworld, die rob as ’n Antarktiese pelsrob geïdentifiseer en hulle aangeraai om hom na dr. Frans de Graaff, ’n veearts van Hartenbos, te neem.

Die rob het net een aand in die Hartenbos-dierehospitaal deurgebring en is daarna na Bayworld geneem.

Volgens Smart het die rob goed begin vreet en hy sal hopelik sterker word en gewig aansit. Wanneer hy gesond genoeg is, sal hy in die Agulhas-stroom sowat 60 km van die kus af vrygelaat word.

Die Antarktiese pelsrob vroeër op ’n sandduin by Tergniet naby Mosselbaai. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team

Meer oor:  Kommetjie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.