Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Maak ’n knoop: Gooi dikwielspore vir Pionierskool

Worcester Toerisme begin vanjaar die “Word bewus van my”-bergfietswedren vir die Pionierskool op die dorp.

Die roete lei die fietsryers deur die voetheuwels van die Brandwachtberge, deur ’n wildreservaat en die Karoowoestyn Nasionale Botaniese Tuin.

Die Karoowoestyn Nasionale Botaniese Tuin op Worcester. Foto: Otto Schmidt

Die Pionierskool gaan self ’n paar fietsryers saam met onderwysers op tandemfietse by dié besonderse wedren hê. Hulle sal ’n “sagte” roete ry.

Daar sal ook ’n fietsrygroep van die Nasionale Instituut vir Dowes wees wat deelneem.

Benewens die wedren sal tien leerlinge van die Pionierskool se koor ’n kort sanguitvoering hou net voor die gelukstrekkings.

En die hoogtepunt van die dag? Al die fietsryers en besoekers gaan gevra word om saam te groet, gelyktydig en almal sal weet hoe.

Die groet is die saluut – die globale handgebaar waar jy jou regterarm, gebuig by die elmboog, opsteek, net bokant jou wenkbrou lig, en dan weer laat sak . . . “Ek sien jou, ek weet van jou, ek groet jou.”

Wanneer? Saterdag

Meer inligting: 023 3426244 of 076 200 8742. Registrasie is aanlyn by www.pedalpower.org.za.

Vertrek en aankoms: Sun Golden Valley.

Meer oor:  Buite  |  Doendinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.