Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Maak só ’n kers met Vaseline, watte en tinfoelie

In VIA (DStv-kanaal 147) se kompetisieprogram Kom ons kamp spook drie spanne dit in elke episode uit om as die kampeerkampioen gekroon te word. Die akteur Paul du Toit is die aanbieder. Hier is die beste kampeerkunsies uit dié week se episode van Kom ons kamp.

1. Jou kerse by die huis vergeet? Jy kan in ’n japtrap jou eie kerse uit Vaseline, watte en tinfoelie maak. Rol die watte om ’n pit vir die kers te vorm. Pak die Vaseline rondom die wattepit om die kerswas te vorm. Vorm dan ’n klein bakkie of houer uit tinfoelie en plaas die “kers” daarin.

2. Het jy die kerse onthou, maar die ligte vergeet? Druk die kerse in die grond en plaas dan ’n glasbottel sonder ’n bodem oor dit om ’n gloeilampie te maak. Die glas kan natuurlik warm word so om te voorkom dat die kleinspan hul hande verbrand, plaas dan ’n groter plastiekbottel sonder ’n bodem bo-oor.

3. Geen ketel? Geen probleem. Jy kan jou emaljekoppies sommer direk op die vlamme plaas om jou koffie warm te maak. Maar hou die koppies dop sodat die koffie nie oorkook nie. En nog ’n belangrike ding: Wees baie versigtig wanneer jy die koppies van die hitte verwyder.

  • Nuwe episodes van Kom ons kamp wys elke Vrydag om 17:30 met heruitsendings op Sondae om 20:00. Kom ons kamp word met trots deur Conqueror Off-road Campers geborg.
Meer oor:  Via  |  Kamp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.