Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Maak solank ’n (stywe) knoop!

Danksy die reën lyk dit of daar vanjaar ’n baie goeie waterblommetjie-oes in die Wes-Kaap gaan wees, en hoe dan nou anders as om dit te vier by vanjaar se Waterblommetjiefees in die Paarl?

Vier Paarlse landgoedere gaan op 1 September (vier sommer ook Lentedag) verskeie tradisionele én buitengewone waterblommetjiedisse aanbied en verkoop. Dink aan heerlike waterblommetjiesop en -bredies, roosterkoeke met waterblommetjiekonfyt, samoesas met waterblommetjievulsel, en ’n gunsteling onder besoekers: die waterblommetjieroomys.

En om die warmer weer te vier, klink ’n glasie (of twee) jenewer met ’n suurlemoenskyfie, peperkorrels, roosmaryn en ja . . . waterblommetjies. Bring die hele gesin, want behalwe al die disse en drank (bier en wyn sal ook te koop wees), is daar hope pret wat vir die jongspan wag – springkastele, ponieritte, gesigverf en tradisionele boeresport.

By die verskillende venues sal ook musiekuitvoerings en spesiale aanbiedinge wees.

Wanneer? Saterdag 1 September

Domaine Brahms en Windmeul (langs die Voor-Paardebergpad), Boland-kelder en Rhebokskloof (langs die Noord-Agter-Paarlpad)

Hoe laat? Elke venue het sy eie program, maak dus seker van die tyd.

Toegang is gratis. Maak net ’n knoop dat by Rhebokskloof ’n blikkie kos verwelkom word. Dit word aan ’n nagskuiling in die Paarl geskenk.

Meer inligting: Domaine Brahms (by die Toeka Stoor, brahms.co.za) | Windmeul-kelder (www.windmeul.com) | Boland-kelder (www.bolandcellar.co.za) | Rhebokskloof (www.rhebokskloof.co.za)

Meer oor:  Buite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.