Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Meer besoek Kango-grotte in 2017
’n Deel van die Kango-grotte in Oudtshoorn.

Ondanks die verswakking van die rand en die toename in petrolpryse het ongeveer 270 061 besoekers in 2017 die Kango-grotte besoek.

Dit is in teenstelling met 265 563 besoekers tien jaar gelede in 2007 en 241 587 teen Desember 2016.

Luidens ’n verklaring van die Oudtshoorn-munisipaliteit is hy “ekstaties” oor die groot toename.

Van verlede jaar se besoekers was 60% buitelanders (162 922 van die 270 061). In Desember was daar egter heelwat meer plaaslike (19 522) as buitelandse besoekers (11 443).

Volgens Alison Moos, bedryfsbestuurder van die Kango-grotte, kan die toename in besoekers toegeskryf word aan ’n groter finansiële hupstoot vir bemarking, wat gedoen word in samewerking met Oudtshoorn-toerisme. Sosiale media speel ook ’n rol. “Ons is meer ‘sigbaar’ as ooit tevore,” sê sy.

In ’n mindere mate kan dit ook toegeskryf word aan die swakker rand. Volgens haar kan die resultate van dié bemarkingspogings nou eers ná drie jaar se harde werk gesien word. Dit kos tyd vir die verkopers om hul pakkette te verander en dan te verkoop. “Wat ons nou sien, is die resultaat van aggressiewer bemarking wat die afgelope paar jaar gedoen is, en ons vooruitsig is meer goeie jare. Toerisme is ook taamlik wisselvallig en enige verandering in die wêreldwye politieke sfeer, klimaatspatrone en selfs natuurrampe kan besoekersgetalle beïnvloed,” sê sy.

Die grotte is 27 km buite Oudtshoorn en bestaan uit formasies van druipsteen (stalaktiete en stalagmiete) in sale van verskillende groottes.

Toere deur geakkrediteerde gidse word in Engels aangebied, maar toere in Afrikaans, Duits en Xhosa kan bespreek word.

Meer oor:  Suid-Kaap  |  Besoekers  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.