Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Mosselbaai het wêreld se langste ritslyn oor see
Die ritslyn by Mosselbaai van die sykant af gesien. Adv. Thys Giliomee, Mosselbaai se munisipale bestuurder, is net-net op die agtergrond sigbaar tydens die amptelike opening van die ritslyn. Foto: Jackie Kruger

Die langste ritslyn (zip line) ter wêreld oor ’n oseaan is Saterdag in Mosselbaai bekend gestel toe die dorp se munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee, die eerste lid van die publiek was wat in die harnas geklim en gegly het.

Harry Levendal, Mosselbaai se burgemeester, het Saterdagoggend eers grappenderwys met die skêr na die kabel gemik, maar toe die lint onder luide toejuiging geknip by die ritslyn se perseel by die Punt in Mosselbaai.

Die ritslyn van 1,1 km wat oor die see strek, behoort aan die maatskappy SA Forest Adventures. Dit is ’n private inisiatief.

Levendal het gesê plaaslike ekonomiese ontwikkeling is belangrik en inisiatiewe word ondersteun wat toerisme, toerisme-ekonomie en ekonomiese groei in die groter Mosselbaai bevorder.

Hy het die maatskappy se direkteure – van wie twee Mosselbaaiers is – bedank dat hulle hul drome in Mosselbaai verwesenlik het.

Adv. Thys Giliomee, Mosselbaai se munisipale bestuurder, was Saterdag die eerste mens wat amptelik met die wêreld se langste ritslyn oor die see gegly het. Foto: Mosselbaai-munisipaliteit

“Dankie dat julle belê in die toerisme-ekonomie van ons dorp en dat julle in die proses werksgeleenthede skep en geleenthede bring vir ander besighede om te groei uit die inisiatief wat julle aan die dag gelê het.”

Oor Giliomee wat die eerste mens was wat die ritslyn aandurf, het Levendal gesê hy (Giliomee) “lei altyd van die voorste linie af”.

Giliomee is met ’n bussie aangery na die ritslyn se oorkantste punt (by die St. Blaize-vuurtoring) vanwaar hy toe terug na die Punt gegly het. Talle nuuskieriges het saamgedrom om te kyk hoe Giliomee se gly-sessie verloop. Die spoed wat bereik word met so ’n gly-sessie is tot 80 km/h, volgens inligting op die maatskappy se Facebookblad.

Vir meer inligting besoek www.mosselbayzipline.co.za.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Ritslyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.