Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Nasionale parke se gratis week sorg vir groot toename

Sanparke in die Frontier-streek het ’n 56%-toename in besoekers gedurende die afgelope nasionale parkeweek gehad.

Olifante in die Addo-Olifantpark naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Foto: Gerhard Burger

Dié streek se nasionale parke sluit die Addo-Olifant, Tuinroete, Kamdeboo, Karoo en Bergkwagga in.

Luidens ’n verklaring van Sanparke het 30 657 Suid-Afrikaners van 8 tot 15 September – teenoor die 19 610 gedurende die parkeweek in 2018 – van die gratis toegang na hierdie vyf parke gebruik gemaak.

Die inisiatief, wat slegs Suid-Afrikaners die geleentheid gee om Sanparke se parke gratis te besoek, het in 2006 begin.

In die Frontier-streek het die Addo-Olifantpark die meeste besoekers gelok, en ook ’n 52%-toename teenoor verlede jaar getoon.

Die Tuinroete-park het vanjaar die grootste toename in besoekerstalle met ’n groei van 96% gedurende die gratis week gehad.

Fundisile Mketeni, Sanparke se uitvoerende hoof, sê die mikpunt van dié week is om alle Suid-Afrikaanse burgers die kans te gee om die natuurskoon van die nasionale parke te ervaar.

“Ons meen dat as mense trots op die nasionale parke is, sal hulle ook die belangrikheid van bewaring begryp,” sê hy.

Die besoekerstalle het in die afgelope parkeweek ook landwyd met 52% gestyg en het 113 032 Suid-Afrikaners het die land se parke besoek.

Meer oor:  Sanparke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.