Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Natuurfoto-kompetisie: Van die inskrywings tot dusvêr

Ons kry by die dag meer en meer foto’s van lesers vir die jaarlikse Natuurfoto-kompetisie van Buite, die Aquila- private wildreservaat en Cameraworld. Onthou, jy het nog net kans tot Vrydag 31 Augstus om jou foto's in te stuur. Hier is 'n paar van die inskrywings wat ons reeds ontvang het!

’n Kunswerk! Die foto van die klein witreier het die beste vertoon in swart en wit, skryf Gideon Malherbe van die Paarl.
Iemand kyk na ons - Wanda Klaasen van Port Elizabeth sê oor hierdie foto wat sy in die Addo- Olifant Nasionale Park geneem het, dat dit amper lyk asof daar twee oë weerskante van die son is wat op ‘n mens neerkyk.
En toe sê Mike vir Kallie... – Dit lyk asof dié twee leeus in die Addo-Olifantpark op Rene Schoeman van Somerset-Oos se foto, pas ’n goeie grap gehoor het.
Hoe- hoe- hoekom kyk jy vir my? – Dit lyk nie asof dié witkoluil wat René Zietsman van Uitenhage iewers tussen Okahandja en die Waterberg in Namibië afgeneem het, van die aandag hou nie.
Kry jy koud, bokkie? – Pieter Rossouw van Port Elizabeth het dié druipnat grysbokkie op Oesterbaai se strand afgeneem
’n Knaende eetlus – Dié grond-eekhorinkie was besig met sy middagete toe Johann Engelbrecht van Uitenhage hom in die Bergkwaggapark buite Cradock afgeneem het.
Gee my ’n happie? – Antionette Morkel van Port Elizabeth het dié twee mededeelsame bontvisvangers in die Zimanga-reservaat in KwaZulu-Natal raakgeloop.
Goeie hemel! – Dié foto is ’n samestelling van 16 foto’s wat Donovan Cook van Eldoraigne van die hemelruim by die Roggekloof-reservaat buite Sutherland geneem het. ’n Mens kan die Melkweg, Jupiter en die sodiaklig – die lig op die horison – sien.
Skuif op, man! – Benno Kilian se foto van twee blouvalkies by Louterwater is net op die regte oomblik geneem.
Muisval(k) – René De Swardt was gelukkig om dié bleeksingvalk vroegoggend in die Addo-Olifantpark raak te loop – die muis was minder gelukkig.
Hy voel vere – Dié pou op die Homeleigh Farm het sy vere mooi reggeskud vir Nadia Jordaan van Port Elizabeth.
Takbestuurder – Mignon Voges van Port Elizabeth het diégeel wewer in die Baviaanskloof afgeneem.
Kordate kormorant – Dit lyk asof dié kormorant, wat Gert Neumann van Plettenbergbaai op die strand afgeneem het, homself as menseredder aangestel het.
Skemerstrand – Die wolke op dié foto wat Erika Bothma van Port Elizabeth van die Something Good-padkafee se kant af oor die see geneem het, gee die foto ’n baie dramatiese atmosfeer.
Bootjie na kammaland – Belinda Papenfus van Port Elizabeth was op ’n bootrit op die Choberivier in Botswana toe sy nog ’n groep toeriste op ’n ander boot gekiek het.
Maak dit ’n dubbel – Antionette Morkel van Port Elizabeth het dié twee dorstige springbokkies by ’n watergat in Namibië se Etosha-Nasionale Park afgeneem.
Prentjiemooi! – Die helder kleure en die eenvoud van Albertyn Potgieter van Uitenhage se foto van die bome in Kokerboomkloof in die Richtersveld laat ’n mens twee keer kyk of dit nie dalk ’n skildery is nie.
Dors - Pierre Labuscahgne het in Junie dié foto in Etosha geneem.
Ontbytsake: Banus Baard van Bellville het dié foto op 17 Maart in die Kgalagadi-oorgrenspark geneem.
Voertsek! Karen Palm van Eversdal het dié foto op 30 Julie by die Choberivier in Botswana geneem.
Oëverblindery: Hilda le Roux van Robertson se inskrywing.
Wat kyk jy? Nick van der Westhuizen het dié foto in Knysna geneem.
Windverwaaid: William Scholtz van Port Elizabeth het laas Augustus dié foto in die Serengeti geneem.
Soet soos suiker: Die foto van Albertyn Potgieter van Uitenhage.
Blommetjies en bytjies: Gert Olivier van Bellville het dié foto in die Chrismar Villas-aftreeoord geneem.
Spookstorie: Die Meisho Maru-skeepswrak het Gerrit Opperman by Kaap Agulhas afgeneem.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.