Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Net 77 voltooi ‘hel-op-aarde-fietsren’

“Nie die Epic, die Comrades, die Skyrun, nie die TransAlps nie, niks kan by die Munga kers vashou nie!”

Só sê Piet Laubscher, ’n deelnemer aan vanjaar se Munga-bergfietsren wat Maandag om 12:00 ná vyf dae of 120 uur in Wellington in die Wes-Kaap tot ’n einde gekom het.

Piet Laubscher by die eindstreep van die Munga ná vyf dae se hard trap in warm winde en bloedige hitte. Foto: Facebook

Hy verwys veral na die bloedige hitte waarin vanjaar se fietsren plaasgevind het. “Die ren staan nie verniet as die uitdagendste fietsren ter wêreld bekend nie.”

Die bergfietsren, wat deur deelnemers as “hel op aarde” beskryf word, het verlede Woensdag in omstreeks 12:00 in hitte in Bloemfontein begin en het Maandag omstreeks 12:00 ná 120 uur in Wellington ten einde geloop.

Die gesamentlike wenners is Kevin Benkenstein en Thinus Redelinghuis. Hulle het die wedren in twee dae, agt ure en 46 minute voltooi.

Slegs 77 van die 162 deelnemers wat begin het, het die fietsren voor die afsnytyd voltooi; 67 het nie die eindstreep gehaal nie.

Laubscher, wat 17de geëindig het, sê sy rit het glad nie goed begin nie.

“Ek was ná die eerste dag amper heel laaste. Heeltemal gedehidreer en seer. Ek wou al ná die eerste 90 km tou opgooi,” sê Laubscher.

Hy sê dit was veral die uitmergelende hitte, woeste, warm winde en baie stof wat die fietsren vanjaar nog meer uitdagend gemaak het.

Jaco Cromhout sê die roete, hoewel baie uitdagend, was vreeslik mooi.

“Ook die mense en hul gasvryheid was soos ’n oase in hierdie woestyn.

“In die middel van niks en nêrens word ons by mense se huise verwelkom met piesangs, water, mieliepap, eiers en wors. Dis net wonderlik.”

Cromhout het altesame 1 085,7 km in 64 uur, vier minute en ’n sekonde afgelê. Hy het altesaam 18 450 kalorieë verbrand.

Die laaste paar kilometer van die Munga loop deur die Bainskloofpas buite Wellington. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.