Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Nuwe toer wys Vergelegen se natuurskoon, diere
Die Vergelegen-wynlandgoed Foto: Verskaf

n Unieke omgewingstoer is tydens Erfenismaand bekend gestel by die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes waar bontebok, elande en fynbos voorkom.

Vergelegen, wat 320 jaar oud is, is in 2019 as ’n provinsiale erfenisterrein verklaar.

Die landgoed, met sy eie Nguni-stoet, beslaan 3 000 ha en was vantevore vir die publiek gesluit.

Die toer sluit ’n oorsig in van die plek vir ’n beplande arboretum met voetpaadjies en waar baie bome geplant sal word.

Wayne Coetzer, besturende direkteur van Vergelegen, sê die landgoed het van 2004 die grootste projek nog in Suid-Afrika aangepak om indringerplante uit te roei. Die projek is in 2018 voltooi en 2 200 ha is skoongemaak. Baie voëls en diere soos die Kaapse luiperd het na die gebied begin terugkeer en bedreigde plantspesies, gras- en vleilande het verskyn.

Sowat 1900 ha van die landgoed is as ’n private natuurreservaat verklaar met dieselfde beskermde status as dié van die Krugerwildtuin.

Die landgoed het 18 tuine, vyf reuse-kamferbome wat in 1942 as nasionale monumente verklaar is, en ’n eikeboom van sowat 300 jaar oud. Dié boom word beskou as die oudste lewende eikeboom in Afrika.

Die Lourensrivier is ook die enigste rivier wat ’n beskermde natuurlike omgewing is.

Die opstal is gerestoureer en bied ’n biblioteek (wat vantevore ’n wynkelder was) met meer as 4 500 boeke wat behoort het aan sir Lionel Phillips, ’n mynmagnaat-filantroop en ’n vorige eienaar van Vergelegen.

Vir meer inligting besoek www.vergelegen.co.za.

Die Nguni-stoet op die Vergelegen-wynlandgoed. Foto: Verskaf
Bontebokke op die Vergelegen-wynlandgoed Foto: Verskaf
Inheemse plante floreer op Vergelegen. Foto: Verskaf
Vyf elande is onlangs op die Vergelegen-wynlandgoed losgelaat. Foto: Verskaf

Meer oor:  Vergelegen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.