Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Nuwelinge sal gou besef Love Run het min genade

Drawwers en stappers wat op Saterdag 4 Mei vir die eerste keer aan die McCarthy Love Run deelneem, sal gou besef dat die naam van die wedloop misleidend is, want in dié wedloop is daar min genade vir deelnemers.

Die roete deur die verkeersvrye lanings van Constantiapark en Newlands is sekerlik een van die mooistes in Tshwane, maar die lang opdraandes sal atlete so na hul asems laat snak dat hulle kwalik tyd sal hê om die natuurskoon te besigtig.

Gelukkig kan atlete staatmaak op die joviale ondersteuning van die roetebeamptes en bemanning van die verversingstasies wat met vermaaklikheid die aandag van die lam bene aftrek. Atlete kan aan afstande van 5 km, 10 km of ’n halfmarathon deelneem.

Die wedloop het die laaste paar jaar ’n vuurdoop geword vir atlete wat besig is om hul oefenprogram vir die Comrades-ultrawedloop af te rond. Caro-line Wöstmann het die moeilike halfmarathonroete in 2015 in ’n tyd van 01:20:50 kafgedraf en daardie jaar die Comrades gewen.

Atlete sal beslis op sosiale media kan spog met ’n medalje wat by dié wedloop verower is, want dit verdien ’n spesiale plek op die trofeerak.

Die wegspring is om 07:00 by die Hatfield Christian Church. Belangstellendes kan Eric kontak by 082 537 9803 of loverunningclub@gmail.com.

Intussen is die hardloopgemeenskap baie opgewonde oor die draf-en-stap-ekspo wat op 4 Mei by Run-Away-Sport aangebied word ter viering van hul 25ste verjaardag.

Verskeie oudatlete word by die geleentheid verwag, en verskaffers sal die nuutste reekse drafskoene en klere daar bekend stel.

Die groot trekpleister bly egter die spesiale pryse waarteen die nuwe speelgoed bekom kan word.

Meer oor:  Atletiek  |  Atlete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.