Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Ontspan op spierwit strand tussen Jhb en Pta

Verbeel jou dis ’n wolklose somersdag en jy lê op die strand en kyk uit op ’n kristalhelder strandmeer in die besige stadsgebied tussen Johannesburg en Pretoria.

’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die Crystal Lagoon by Munyaka in Waterfall gaan lyk. Foto: Verskaf

Wel, die goeie nuus is dat dit nie net meer in jou verbeelding hoef te wees nie.

Die JSE-genoteerde Balwin Properties het die Munyaka-leefstylontwikkeling van R9 miljard in Waterfall in Midrand aangekondig.

“Munyaka, wat ‘kristal’ in Venda beteken, is die kroonjuweel in ons ontwikkelingsportefeulje. Ons het ten nouste met ons argitekte saamgewerk om iets besonders aan Suid-Afrikaanse kopers van deeltitel-eiendom te bring.

“Ons glo dat dit nie net ’n nuwe standaard stel vir leefstyllandgoedere in Waterfall nie, maar wel vir die land,” sê Steve Brookes, stigter en uitvoerende hoof van Balwin Properties, in ’n verklaring.

Bouwerk aan die strandmeer, grensmuur, hekhuis, leefstylsentrum en die wooneenhede het reeds begin.

Meer as 5 000 wooneenhede sal oor die volgende agt jaar voltooi word.

Munyaka sal die ligging van die tweede Crystal Lagoon in Afrika suid van die Sahara wees. Die eerste hiervan is in die maatskappy se The Blyde-ontwikkeling in Pretoria-Oos.

Die koste van een-, twee- en drieslaapkamer-eenhede begin by R799 000 en sluit toestelle soos ’n yskas, stoof, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser in.

Bouwerk aan die strandmeer, grensmuur, hekhuis, leefstylsentrum en die wooneenhede het reeds begin.

Daarbenewens sal Balwin twee ultra-luukse dakwoonstelle ontwikkel met ’n 180 grade-uitsig op die kristalhelder strandmeer, asook vier superluukse eenhede, ook met ’n uitsig op die strandmeer.

Balwin het onlangs ’n eksklusiewe ooreenkoms met Crystal Lagoons vir Suid-Afrika gesluit vir die ontwikkeling van varswater-strandmere in ses strategiese nodusse in Johannesburg, Pretoria, Mbombela, die Dolfynkus en die Wes-Kaap.

Die varswater Crystal Lagoon by Munyaka sal die grootste in die Suidelike Halfrond wees en is byna so groot soos sewe rugbyvelde. Die strandmeer sal beskik oor ’n 50 m hoë toring as baken, asook geriewe soos ’n verhitte swembad, restaurant en konferensiegeriewe met ’n uitsig oor Johannesburg, asook ’n glybaan vanaf die toring tot in die strandmeer. ’n Wye verskeidenheid van niegemotoriseerde watersport-aktiwiteite sal deur die leefstylsentrum beskikbaar wees.

Al die inwoners van Munyaka sal gratis toegang tot die strandmeer hê, asook ’n leefstylsentrum met ’n gimnasium ’n spa, rolprentteater, konferensiegeriewe, restaurante, wasserye en portiergeriewe.

Toegang tot hierdie fasiliteite sal biometries beheer word om die veiligheid van inwoners te verseker.

Gratis Wi-Fi is beskikbaar in die leefstylsentrum sowel as in die omgewing van die strand, waar daar onder meer ook laaigeriewe vir selfone sal wees.

Meer oor:  Balwin Properties  |  Johannesburg  |  Midrand  |  Pretoria  |  Strand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.