SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Buite
Parys se blommefees bars uit sy nate

Parys se vierde blommefees wat die naweek gehou is, het ’n rekordgetal besoekers gelok, sê René Hartslief, voorsitter van die Vredefortkoepel-toerismeforum.

Parys het die naweek sy vierde blommefees gehou. Foto: Mercia Coetzee

Harstlief sê ’n musiekfees vir die jeug het behoorlik uit sy nate gebars en duisende jong mense het die fees by Container Park bygewoon.

“Ons sal beslis moet kyk om ’n groter plek te kry. Daar was te veel mense vir die grootte van die venue,” sê sy.

Erna Rademan, bekende in musiekkringe, het ook seker gemaak dat daar ook vermaak is vir mense met ’n meer klassieke musieksmaak.

Jong musikante het op sewe plekke in die dorp klassieke musiek gemaak, sê Hartslief.

Sy sê die jaarlikse kragbootkompetisie was ook ’n groot sukses.

Die dorp het ongelukkig die naweek, soos oudergewoonte, onder kragonderbrekings en waterprobleme gebuk gegaan wat tot groot ongerief vir besoekers gelei het.

Omgekrapte inwoners het op sosiale media uitgevaar omdat sekere woonbuurte se krag sedert Saterdag af was en eers weer Sondag herstel is.

’n Optog met sierwaens is soos vorige jare in die dorp se strate gehou. Foto: Mercia Coetzee

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.