Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Private wildreservaat naby Kaapstad wen internasionale prys
Leeus by die Aquila-wildreservaat.

’n Invloedryke internasionale eer het die Aquila- private wildreservaat naby Kaapstad en sy eienaar te beurt geval.

Searl Derman het ’n 2020 Skål International-prys vir volhoubare toerisme ontvang. Hy was die enigste ontvanger van Suid-Afrika.

44 inskrywings van 23 lande is vanjaar in nege afdelings ontvang. Die pryse word sedert 2002 toegeken aan leiers in die toerisme- en reisbedryf.

Gelukwense het ingestroom, onder andere van Alan Winde, Wes-Kaapse premier. Volgens Winde kom die toekenning op ’n tyd wat almal hard werk om die toerismesektor plaaslik en internasionaal te bevorder.

“Toerisme is ’n groot werkverskaffer in ons provinsie en deur die sektor meer volhoubaar te maak, sal dit help om op die duur werksgeleenthede te skep en werksgeleenthede te beskerm.”

Seal Derman

Enver Duminy, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, het gesê Derman en sy span het alles uitgehaal om seker te maak dat die wildreservaat die minimum standaarde vir verantwoordelike toerisme ver oorskry. Die prys bevestig ook dat Kaapstad as ’n streek ’n volhoubare en verantwoordelike toerismebestemming is.

Volgens Derman is die toekenning ’n groot eer en belig dit deurlopende projekte van die reservaat om volhoubare toerisme te verbeter, werksgeleenthede te skep, maatskaplike opheffingswerk te doen asook pogings om bewaring en natuurlike hulpbronne te bestuur.

Vanjaar se toekenning kom ook in ’n tyd waar daar hard gewerk is om die uitwerking van die Covid-19-pandemie die hoof te bied.

Aquila is 12 km van Touwsrivier en help reeds die afgelope 21 jaar inwoners met werksgeleenthede en vaardighede en ondersteun kleinsakeondernemings. Die wildreservaat is ook bekend om projekte soos Saving Private Rhino.

Volgens Derman doen hulle die werk onbaatsugtig en sonder om erkenning of pryse te verwag. “Ons is dankbaar vir die erkenning omdat ons elke dag probeer om die wêreld ’n beter plek te maak deur toerisme,” sê hy.

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.