Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
RESEP: ’n Pot vol moedskep

Met die huidige stand van sake is dit seker heel van pas om jouself om die kole met ’n lekker maaltyd te bederf.

Ná die president se korona-toespraak het ek juis gewonder as ek ’n laaste maaltyd moes kies, wat sou dit dan wees. Dit sou ’n baie moeilike besluit wees omdat daar so ongelooflik baie heerlike geregte is.

Lise Beyers

Maar as ek myself werklikwaar wil troos, dan is ’n lamskenkel wat baie stadig geprut is in bietjie Old Brownsjerrie totdat hy net-net vanaf die been wil val, net die ding om mee moed te skep:

Jy benodig:

  • 4 heel lamskenkels (1 per persoon)
  • 1 ui, fyn gesny
  • 250 g heel klein sampioene
  • 500 g heel baba-wortels
  • 500 g baba-uitjies, geskil
  • 4 fyngemaakte knoffelhuisies
  • 1 blikkie tamaties
  • Old Brown-sjerrie
  • Sout en peper na smaak
  • Een eetlepel fyngekapte vars tiemie- en roosmarynblare
  • Vars pietersielie
  • 1 koppie meel

Maak so:

  • Neem die skenkels en dompel hulle binne die meel tot elkeen goed bedek is met ’n lagie daarvan.
  • In ’n warm pot, braai een fyngekapte ui ’n minuut lank in olyfolie en voeg dan jou skenkels by saam met fyngemaakte knoffelhuisies.
  • Braai totdat die skenkels goudbruin is aan alle kante.
  • Roer dan twee koppies Old Brown-sjerrie by, die blik tamaties, die kruie en sout en peper na smaak.
  • Laat jou pot stadig prut vir so ’n uur en ’n half en roer af en toe. Indien die vloeistof halfpad deur te min lyk, voeg ’n bietjie water by.
  • Voeg dan die baba-uitjies en -wortels by. Prut verder en ná 20 minute kom die sampioene by.
  • Ná nog 20 minute se prut oor die kole is jy en jou mense reg om te eet. Roer dan ’n handjievol fyngekapte pietersielie deur die pot.
  • Bedien die lamskenkels met kapokaartappels.
Meer oor:  Lise Beyers  |  Resep  |  Skaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.