Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
RESEP: O afvalpot, jou heilige, lekker ding!

Ek het grootgeword met hierdie lekkerte.

As kind onthou ek hoe ek op koue wintersoggende om die stomende kookwaterdromme in die Karoo gestaan het waar die skaappense ingedoop en dan met ’n Minora-skeermeslem skoongeskraap word.

Afval: Dis ’n heilige gereg dié!

Die hare word van die skaapkoppe afgebrand en hulle word dan spieëlglad skoongeskeer.

Dit is waar die hele proses van afval begin.

En nou veral weer in die winter, duik die onderwerp van hierdie gereg weer dikwels op. Daar is byna ’n soort aanbidding onder talle as dit by ’n goeie afvalpot kom.

Argumente ontstaan dikwels oor kerrie- of vaalafval, soet en suur, skaapvleis by of nie. Maar soos met enige gereg glo ek jy maak hom na jou persoonlike voorkeur.

My jagvriend Gerhard, wat nou nie meer met ons is nie, het sekerlik van die lekkerste afvalle vir ons berei as ons op die jagveld was.

As afval die aand op die Volmoed-spyskaart was, dan was Gerhard heeldag op aandag om sy afvalpot om die heilige gereg behoorlik te vertroetel vir die aand se honger jagters.

  • 1 volledige skoon skaapafval (skaapkop, pens, harsings in blaarpens toegedraai) en pootjies
  • ½ kg lam-stowevleis
  • ½ baba-aartappels, geskil
  • 1 groot ui, fyngekerf
  • 125 ml asyn
  • 125 ml droë witwyn
  • 15 ml sout
  • 5 ml swartpeperkorrels
  • 4 heel naeltjies
  • 125 ml blatjang
  • 1 e. kerriepoeier
  • 1 e. borrie
  • 4 lourierblare
  • opsioneel: Ekstra lamstongetjies, of op die jagveld, springboktongetjies

Só maak jy:

  • Bedek die afval in ’n groot pot met kookwater en laat dit vinnig kook vir 20 minute. Gooi dan die water af en sit die afval vir eers opsy.
  • Braai die ui in ’n bietjie olie, net vir twee minute, en voeg die lamsvleis by. Braai vir nog ’n paar minute en dan kom die afval daarby, asook die asyn, wyn, naeltjies, peperkorrels, lourierblare, sout na smaak en ’n koppie water.
  • Bring die bredie nou tot kookpunt en draai dan die hitte laag dat die pot stadig prut vir ten minste twee uur. Die afval moet ’n lekker lang sous hê, dus as die vloeistof bietjie min lyk, voeg nog bietjie water of witwyn by.
  • Wanneer die afval sag is, kom die klein aartappels en die blatjang, kerriepoeier en borrie by. Proe die afval en voeg nog sout by indien nodig.
  • Bedien met rys of stampmielies.
Meer oor:  Lise Beyers  |  Vleis  |  Afval  |  Kos  |  Resep  |  Potjie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.