Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
RESEP: Thai-kerrie héérlik én ook blitsvinnig

Een jaar het ons ’n aangename verrassing gehad toe ’n nuweling op die jagveld, ’n Engelsman uit Gauteng, sy lyf een aand sjef gehou het.

Maggies, hierdie Thai-rooikerriedis is nie net heerlik nie, dis blitsvinnig om te maak! Foto: Lise Beyers

Maar hieroor was ons nie spyt nie, want kan jy jou verbeel, daar op die vlaktes van Namibië, en om die kampvuur, word ’n heerlike Thaise kerrie voorberei.

En tot vandag toe nog is dit die enigste Thai-kerrieresep wat ek maak – nie net heerlik nie, maar byna blitsvinnig om voor te berei.

Met hierdie resep kan rooivleis, hoender, vis of garnale gebruik word.

En so eet ons soos konings op die jagveld ons Kalahari-cuisine, in die middel van nêrens terwyl die bakoorjakkalsies en naguiltjies skril in die stilte skree.

Thai-rooikerrie

  • 500 g. vleis, in baie dun repies gesny (bees, vark, hoender of lam);
  • 2 middelslag uie, baie grof gekerf;
  • 1 blik klapperroom;
  • 1 blik klappermelk;
  • 1 opgehoopte eetlepel Thai-rooikerriepasta;
  • 2 preie, in ringetjies gesny;
  • ’n Groot handvol groenbone wat in die lengte af gesny is;
  • ’n Handvol elk dun repe rooi en geel soetrissie;
  • 1 bakkie babatamaties in kwarte gesny;
  • 4 knoffelhuisies, opgekap;
  • 2 teelepels vars gemmer, geskil en in baie klein stokkies gesny;
  • Vars koljanderblare; en
  • ’n Paar rooi rissies, opgekerf (opsioneel)

So maak jy:

Maak ’n groot skottel baie warm oor die kole.

Skud die blik klapperroom goed en voeg die helfte daarvan in die pan.

Roer aanhoudend totdat die room kook en die olie daarvan begin afskei.

Verminder hitte en voeg die kerriepasta, knoffel en gemmer by en roer vir twee minute oor laer hitte.

Skep nou nog kole onder die pan om die hitte goed op te draai.

Voeg die bone, preie en uie by asook die helfte van die blik klappermelk.

Roer aanhoudend vir 3 tot 4 minute. Nou kom die vleis by en roerbraai vir 5 minute.

Gooi dan die res van die room en melk by en kook vir ’n verdere 2 minute.

Bedien dadelik op ’n bedding basmatierys en sprinkel die tamaties en rissies, asook koljanderblare bo-op.

Meer oor:  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.