Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Soet tot in sy kleintoontjie!

Dit is nie net bye wat ter sprake is wanneer dit by die bestuiwing van sommige soorte Suid-Afrikaanse bolplante kom nie. Akkedisse help ook.

Dr. Petra Wester, ’n Duitse navorser verbonde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, het beeldmateriaal van kameras wat sy in die Cederberge en Namakwaland gestel het, deeglik bestudeer. Daarop het sy gesien hoe ’n elegante gor­del­akkedis (Hemicordylus capensis) lekker lank lek aan ’n soort ramblom of botterkannetjie (Massonia grandiflora). Op sy beurt het ’n soort Namakwalandse geitjie (Rhoptropella ocellata) ’n soort pynappellelie of wildepynappelplant (Eucomis regia) geniet.

Akkedisse vreet ook nektar! Foto: Verskaf

Albei plante groei vlak teen die grond uit. Terwyl die reptiele hul mae volgemaak het, het stuifmeel op hul kop geland. Dít is dan weer gedra na die volgende blom wat die akkedisse in die oog gehad het.

Volgens Wester is dit die enigste gevalle van nektar­vretende akkedisse uit Afrika waarvan reptielkundiges tans bewus is. Die meeste ander voorbeelde van akkedisse wat ’n smaak vir nektar het, kom voor in Nieu-Seeland, die Brasiliaanse eilandgroep Fernando de Noronha, Madeira, Mauritius en die Kanariese Eilande. “Meestal vreet akkedisse insekte. Tog weet ons dat sommige van nektar hou en die vruggies van plante vreet, veral in tye wanneer insekte skaars is.”

Meer oor:  Dr. Petra Wester  |  Bye  |  Heuningby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.