Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Stap saam op tuintoer

Op die plaas Babylonstoren naby Franschhoek sal jy duisende clivias in blom sien. Maar moenie te lank wag om te gaan kyk nie, want hul blomtyd is amper verby.

Op Babylonstoren is tans meer as 12 000 clivias in skakerings van oranje en geel te sien. Foto’s: MALANI VENTER
Aan die rand van die plaastuin vloei ’n waterstroom van Simonsberg tot by die Bergrivier, wat ’n ruimte skep vir inheemse wilde olyfbome om te floreer. In hul skadu is die versameling van clivia-lelies wat elke lente sorg vir ’n skouspel van kleur.
Die plaas se Tuindag-toer begin om 10:00 voor die Plaaswinkel. Een van die ervare tuiniers sal jou gids wees. Gaste word aangemoedig om aan die plante in die tuin te vat, ruik en selfs te proe. ) Vir meer inligting oor tuintoere besoek babylonstoren.com.

Meer oor:  Franschhoek  |  Buite  |  Tuin  |  Blomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.