Die natuurfotograaf Hannes Lochner het onlangs Buite-lesers genooi om van hul foto’s aan hom te stuur vir ontleding en wenke. Twee uilfoto’s van Roald Grobler van die Strand het sy aandag getrek en word beloon met ’n boekprys.

Dié foto’s van Roald Grobler het die fotograaf Hannes Laubscher se aandag getrek. Foto’s: ROALD GROBLER
Grobler het op ’n plaas naby Stellenbosch gebly waar die uil gereeld verskyn het. Dit was ’n uitdaging om die foto met ’n flits in die donker te neem.
“Die uil het saans opgedaag met muise, rotte, paddas, klein slangetjies, reënspinnekoppe en groot sprinkane. Dit was asof hy dit vir ons kom wys het,” het Grobler vertel.

Foto: Roald Grobler
Vir hierdie foto word hy beloon met Hannes se treffer-koffietafelboek The dark side of the Kalahari waarin die fotograaf luiperds en ander diere in die nag gevolg het.