Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Veearts van Krugerwildtuin bevry hiëna van strik om nek

’n Veearts van die Krugerwildtuin het onlangs het ’n beseerde hiënawyfie ’n tweede kans op lewe gegee toe hy ’n strik om haar nek verwyder het.

Ike Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, sê hulle het Vrydag ’n span na die R538-pad by Sabie in Mpumalanga gestuur nadat ’n toeris hulle oor die hiëna ingelig het.

“Sy het langs die pad geloop met die strik om haar nek. ’n Toeris het ons die middag daaroor gebel en ons het die veearts gestuur. Haar beserings is ernstig, maar die veearts sê sy sal volkome kan herstel,” sê Phaahla.

Nadat die hiëna deur die veearts behandel is, is sy na ’n private wildpark geneem wat aan die wildtuin grens.

Die wildtuin het op Twitter gevra dat toeriste strikke of diere wat daardeur seergekry het, by 013 735 4325 aanmeld.

Meer oor:  Krugerwildtuin  |  Gered  |  Strik
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.