Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
VELDKOS: Steak Florentine ’n lekker bederf

Met die donker wolke van Covid-19 wat oral om ons koppe saamtrek, is dit juis nou wat ons, waar ons kan, onsself hier en daar moet bederf.

Vandeesweek gaan dit sekerlik ’n klompie mense wees wat vir hulself ’n lekker lang dop gaan skink. Vir ander mag die bederf dalk ’n diep, ryk sjokoladekoek wees. Maar as dit vir my by bederf kom, dan is dit beslis ’n lekker bederf oor die kole.

’n Uitstaan-braaigereg wat die manne se monde letterlik laat water, is die nimlike steak Florentine. ’n Reuse T-been-skyf so heel oor die kole gebraai.

Iets wat ook briljant is, is die eenvoud daarvan en die kern is ’n goeie stuk beesvleis.

Geniet dit!

Steak Florentine
Steak Florentine

Steak Florentine

Jy benodig:

’n Goed verouderde T-been-skyf van so 10 cm dik (omtrent 1,5 kg)

 Growwe Kalahari-sout

Só maak jy:

Hierdie is ’n eeu oue resep uit Florence, Italië. Deesdae kry jy nog enkele restaurante daar wat hierdie reuse-steak op die tradisionele manier gaarmaak – goed verouderde beesvleis wat oor baie warm kole skrikgemaak en bedien word – halfgaar (rare) met net ’n sprinkeling sout. Dit is ’n gesinsgereg en die vleis word van die been af gekerf en dan saam met die been op een bord vir die hele tafel bedien.

Dis eenvoudig.

Jy sorg dat jy ’n baie warm bedding kole het. Laat jou T-been letterlik op die T-kant van die been op die rooster oor die kole vir 15 minute op sy kop staan. Dan moet hy ’n rukkie lank op sy vet-kant op die kole staan, en verder vir tien minute per kant totdat hy mooi bruin is en medium rou aan die binnekant.

 Hierna moet die vleis vir 10 minute op ’n warm plek rus voordat dit gesny word. Staan die vleis weer op sy kop en kerf dun repe vleis af totdat alles van die been af gesny is. Rangskik die vleis om die been, besprinkel dit met sout en bedien.

Nog ietse

Meng die volgende saam in ’n voedselverwerker en verwerk tot pasta – vir die beste resultate, een dag voor gebruik:

1 bossie pietersielie

2 rooi rissies

3 knoffelhuisies

1 e. gedroogde origanum

150 ml olyfolie

4 e. suurlemoensap

Sout en peper na smaak
Meer oor:  Steak  |  Resep  |  Bederf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.