Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Walvispad heropen in De Hoop

Mense kan nou weer die Walvis-staproete in die De Hoop-natuurreservaat gaan stap.

CapeNature het die staproete heropen nadat die nodige instandhouding en opgradering gedoen is.

’n Deel van die Walvis-staproete is op die strand. Foto: Verskaf

Die roete word beskou as een van die beste maniere om walvisse te kyk.

Volgens Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering en omgewingsake, is veiligheidsmaatreëls opgeskerp en nuwe ontwikkelings langs die gewilde staproete aangebring nadat die roete sedert 2018 gesluit was.

Die uitsig oor die De Hoop-natuurreservaat vanaf die Walvis-staproete. Foto: Verskaf

Van die verbeterings is sonkrag in die wooneenhede, wat nie deur beurtkrag beïnvloed word nie, asook die herstel van en verbeterde staproetes.

Strukture van vlekvrye staal en trappe is ingebou omdat dit weerbestand en veilig is.

“CapeNature is ’n openbare instelling wat die bewaring van die biodiversiteit in die Wes-Kaap moet bevorder en verseker. Hy bestuur en beskerm ons natuurerfenis en bied toegang aan almal wat tyd in ons natuurgebiede wil deurbring,” sê Bredell.

Een van die opgegradeerde hutte waarin besoekers oornag. Foto: Verskaf

Deurlopende opgraderings en beleggings in openbare entiteite soos dié wat deur CapeNature bestuur word, beteken meer besoekers aan ons reservate. Dit lei tot groter volhoubaarheid.

“Die CapeNature-reservate en omliggende gebiede skep werkgeleenthede in die toerismebedryf – dikwels in die mees landelike gebiede – en dit is van onskatbare waarde in Suid-Afrika.”

Hy het mense aanmoedig om reservate te besoek.

Dr. Razeena Omar, hoof van CapeNature, sê hoewel die hutte 12 mense kan huisves, mag net ses dit tans weens die Covid-19-regulasies gebruik.

’n Oornaghut op die roete. Foto: Verskaf

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Walvis  |  Toerismebedryf  |  Toerisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.