Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Wat doen jy dié September?

Daar is ietsie vir almal in September by Dirtopia (op die plaas Delvera langs die R44 tussen Stellenbosch en Klapmuts) met ’n kalender propvol byeenkomste en selfs Sondag-middagete-braaierye om Erfenismaand te vier.

  • ’n Nuwe byeenkoms vir koffieliefhebbers is die Coffee & Crafts Market wat die 16de plaasvind.

Daar sal stalletjies wees, musiek, doendinge vir die kinders en natuurlik heerlike koffie vir die koffieliefhebbers.

Vir die wat daarvan hou om aktief te wees en hul daaglikse kafeïen te kry, sal daar ook ’n 5 km- en 10 km-pretloop deur die wingerde wees.

  • Op Erfenisdag word ’n Heritage Day Spit Braai gehou by die Dirtopia Café. Sluit die vieringe af met ’n Heritage Day Full Moon Hike – stap deur die wingerde tot bo-op Klapmuts-kop met ’n panoramiese uitsig oor Kaapstad.
  • Die Antique Tractor Day sal die 29ste en 30ste plaasvind, met verskeie stalletjies, ou voertuie op vertoning en ’n beesvleispotjie op die 30ste.
  • Vir dié maand sal daar ook elke Sondag ’n Engelse ontbytbuffet en talle braaie wees (wissel van vis tot tradisioneel).
  • Ander geleenthede hierdie maand sluit in ’n Intermediate and Fundamental Skills Clinic die 8ste en 30ste, Bike Burger & Beers sosiale rit die 15de en die Wine Walk to Warwick (die 22ste).

Meer inligting: 021 884 4752 | info@dirtopia.co.za | www.dirtopia.co.za.

Meer oor:  Dirtopia  |  Buite  |  Doendinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.