Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Waterplesier: damvlakke styg tot 84,1%
Die Gariepdam se bulderende oorloop die afgelope Maandag toe dit 119,7% vol was. Foto: Jan-Hendrik Swiegers

Suid-Afrika se gesamentlike damvlakke het die afgelope week tot 84,1% gestyg. Dis vergeleke met 61,9% verlede jaar hierdie tyd. Gariepdam, die land se grootste dam, op die grens tussen die Vrystaat en Oos-Kaap, het teen Dinsdag gestaan op 120,5% en water het al bulderende by die Oranjerivier ingestroom. Suid-Afrika se tweede grootste dam, die Vanderkloofdam, was teen Woensdag 111,1% vol, het die departement van water en sanitasie getwiet. Dié dam lê sowat 130 km stroom af van die Gariepdam. Verlede jaar dié tyd was hy maar 60,4% vol.

Meer oor:  Styg  |  Sa  |  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.