Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Weskus: ‘Uitstekende blomseisoen’ kan wag ná goeie reën

Die Weskus Nasionale Park verwag dat die beste tyd vir blommekyk vanjaar van die tweede helfte van Augustus af tot middel September gaan duur.

Veldblomme in die Weskus Nasionale Park. Die Postberg-gedeelte van dié park in die Wes-Kaap het op 1 Augustus vir die blomseisoen geopen. Foto: Sanparke

Die Postberg-gedeelte van dié park is Sondag vir die publiek geopen in die aanloop tot die blomseisoen aan die Weskus. Dit sal slegs tot 30 September oop bly en bied ’n staproete.

Pierre Nel, waarnemende parkbestuurder, sê die goeie reën in die streek vanjaar behoort “ ’n uitstekende seisoen vir blommekyk” in die komende weke tot gevolg te hê.

“Besoekers moet sonnige dae kies en, indien moontlik, ’n weeksdag. Naweke is dikwels baie besig, met mense wat by die hek toustaan en saamdrom in blomkykgebiede.”

Die Mooimaak-gebied in die park sal ook vir blommekyk oopmaak, het Nel Sondag in ’n verklaring gesê.

Op so ’n besoek in die blomseisoen kan mense die suurvy, elandsvy, gousblom, bokbaaivygie, sporrie, magriet en witbotterblom aanskou.

Postberg se hekke sal van 09:00 tot 17:00 oop wees en die laaste besoekers sal om 16:30 toegelaat word.

Die hekke vir die res van die park is vandeesmaand van 07:00 tot 18:00 oop en in September van 07:00 tot 19:00.

Suid-Afrikaanse burgers betaal R94 elk vir volwassenes en R47 elk vir kinders jonger as 12 jaar.

Mense van SAOG-lidlande betaal R144 vir volwassenes en R72 vir kinders.

Ander buitelandse besoekers betaal R210 elk vir volwassenes en R105 elk vir kinders. - Malherbe Nienaber

Meer oor:  Weskus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.