Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Buite
Ysbeer-swem lok groot belangstelling

Daar is reeds groot belangstelling vir vanjaar se ysbeerswem wat op 29 Junie om 12:00 by die Bundu-kamp naby Ventersburg plaasvind.

Felix Burri, wat jaarliks die ysbeerswem organiseer, sê 24 jaar gelede het 12 swemmers die ysige waters van die Sandrivier by die Bundukamp naby Ventersburg aangedurf. In 2017 was daar 428 swemmers en in 2018 het 443 swemmers deelgeneem.

Felix Burri, organiseerder van die jaarlikse ysbeer-swem, swem hier verby Boendoetjie, wat reeds te water gelaat is vir vanjaar se byeenkoms. Foto: Verskaf

“Ons staan egter reg vir 600 geesdriftiges wat ’n pragtige volkleurmedalje van Goldco-Midas sal losswem,” sê Burri.

Hy sê sowat 1 000 toeskouers sal die verrigtinge van die oewer af dophou.

“Mense van alle uithoeke van die land sal die Saterdagoggend reeds van vroeg af by die Bundu-kamp aankom. Mense kom van Kaapstad, Gauteng, die Vrystaat, Noord-Kaap en Limpopo.

“Die jaarlikse 4x4-gesinskompetisie gaan oudergewoonte aangebied word wat voertuie en hul bestuurders, asook hulpbestuurders, tot die uiterste sal beproef wanneer hulle teen die duine moet uitry.

“Die kompetisie word om 10:00 gehou, breek tydelik om 12:00 vir die swem en sal laatmiddag tot ’n einde kom met die prysuitdeling later die aand.

“Die 4x4’s se eienaars sal ook ná donker ’n springmielie-en-sjerrie-rit onderneem, maar sal voor ’n nuwe ysbeer-item terug wees,” sê Burri.

Vanjaar word die eerste middernag-swem gehou waar net 50 deelnemers met ’n Hella-koplig in die pikdonkerte die ysige waters gaan aandurf.

’n Splinternuwe volkleurmedalje, geskenkpak en onvergeetlike ervaring (alles danksy Hella) wag op die eerste 50 inskrywings teen R500 per inskrywing.

Bel 082 851 4584 om jou plek te bespreek.

Die oggend se swemsessie kos R50 per persoon. Laat inskrywings ná 11:15 kan by die rivier gedoen word.

Toegangsgeld by die hek is R60 per voertuig en sal saam met die opbrengs van verversingsverkope vir Engo se welsynsprojekte in die Goudveld gebruik word.

Burri sê Boendoetjie, die inwonende ysbeer, is reeds te water gelaat en wag in spanning vir deelnemers om op te daag.

Meer oor:  Belangstelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.