Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
35 kg se vetrolle maak plek vir spiere, nuwe lewe
Emil Visser nadat hy sy lyf en lewenstyl omskep hetFoto: Verskaf

Dit was nie maklik nie, sê Emil Visser (32), ’n wynbemarker van Rawsonville in die Wes-Kaap wat pas aangewys is as Suid-Afrika se wenner van die USN Bodymakeover Challenge.

Om dié kompetisie te kon wen, moet deelnemers hul lywe en lewenstyl drasties verander het.

Dít het Visser vir seker gedoen om as wenner van die mansafdeling in die kompetisie met R10 000 weg te stap.

Hy het al in ’n stadium 123 kg geweeg, maar toe hy met die uitdaging begin het, het hy 108,8 kg geweeg.

Ná die program van 12 weke waarin deelnemers beoordeel word, het hy 83 kg geweeg. En tans trek hy die skaal op 73 kg – ’n hele 35 kg minder.

Visser sê dit was nie net ’n geval van minder of gesonder eet nie. “Ek moes my hele lewenstyl verander.”

Hy het ’n klompie produkte gekoop en toe besluit om “vas te byt” omdat hy gesonder wou leef.

“Ek het voorheen baie ongesond geleef, maar nou het ek die drankies gelos, ook sigarette. Ek het dit alles gelos.”

Dit het baie uithouvermoë geverg.

Emil Visser se transformasie. Foto: Verskaf

“Aanvanklik vra mense of dit moeilik is. Ná so agt weke kom hulle agter iets is anders en ná 12 weke vra almal wat jy doen om so goed te lyk,” vertel hy.

Hy het ook nie in ’n groot gimnasium geoefen nie.

“Hier is ’n gym op ’n plaas waar sowat 30 mense oefen. Ek en my vrou hardloop ook in die berge.”

Sedert hy die gewig verloor het, voel hy nie net gesonder nie, maar sy geloof en sy huwelik is ook sterker, sê hy.

“Mense kyk na my en besef hulle kan dit ook doen. Dit inspireer hulle.”

Volgens hom kom die eer vir sy prestasie die Here en sy vrou, Nelmari, toe.

* Die wenner van die vroueafdeling is volgens USN Body Makeover Challenge se Facebookblad Loretta Mhlengi.

Meer oor:  Gewigsverlies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.