Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dis nuut:
Beleef: Toets vir kanker ‘kan ’n naald in hooimied vind’

Binne ’n paar jaar kan dit moontlik wees om saam met roetine-bloedtoetse soos dié vir cholesterol ook jou bloed vir kanker te laat toets.

Navorsers by die Johns Hopkins-Universiteit in die VSA het ’n nuwe betroubare bloedtoets ontwikkel wat agt algemene tipes kanker kan opspoor voordat die kanker versprei. Anders as ’n gewone kankerbiopsie, wanneer ’n naald in ’n soliede gewas gesteek word om ’n kankerdiagnose te bevestig, is CancerSEEK ’n “vloeistof-biopsie” wat die soort kanker en ligging daarvan in die lyf kan uitwys.

Selfs lank voordat enige simptome ontstaan, stel kankerselle klein hoeveelhede abnormale proteïen en DNS met mutasies in die bloedstroom vry, wat die bloedtoets dan bespeur. “Die toets is besonder sensitief en kan een stukkie DNS-mutasie tussen 10 000 normale DNS-fragmente opspoor. Dit vind letterlik die naald in die hooimied,” skryf prof. Peter Gibbs van die Walter and Eliza Hall-instituut in Australië, wat ook by die studie betrokke was, vir The Conversation.

In die huidige studie, wat in Januarie in die joernaal Science gepubliseer is, het die bloedtoets 70% of meer van kankergevalle in die pankreas, eierstokke, lewer, maag en slukderm akkuraat opgespoor.

Ongeveer 1 000 pasiënte met fase 1- tot 3-kanker is getoets. Dit was suksesvoller met sommige kankers as ander: Dit het 98% van eierstokkankers opgespoor, maar net 33% van borskankers.

’n Groot voordeel was die lae vals-positiewe-koers. Dit is op 812 gesonde mense getoets as kontrole en het net sewe vals positiewe resultate – minder as 1% – getoon. Dit is belangrik om onnodige opvolgtoetse en -prosedures, wat nog te sê die emosionele spanning van ’n moontlike kankerdiagnose, te vermy.

Die toets kan kanker van die eierstokke, lewer, maag, pankreas, slukderm, long, bors, kolon en rektum opspoor. Vir vyf van hierdie kankers bestaan daar tans geen vroeë opsporingstoetse nie, en vir dié wat wel sulke toetse het, soos ’n kolonoskopie vir kolorektale kanker, is die proses dikwels indringend en ongewild.

Die toets is ontwikkel met die oog daarop dat dit nie buitensporig duur sou wees nie. Hulle beoog dat dit uiteindelik minder as $500 (sowat R5 900) sal kos.

Meer oor:  Bloed  |  Cholesterol  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.