Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
'Dié bord sal jou kinders hul groente laat eet'

Vergeet van “hier kom die vliegtuigie”, of “as jy nie jou ertjies eet kan jy nie poeding kry nie”. Om jou kleuter se lus vir groente aan te wakker is ’n spesiale bord die antwoord. 

Om die “groenteoorlog” met jou kleuter te wen stel navorsers voor dat jy ’n gekleurde bord met prentjies van verskillende voedselgroepe gebruik. Foto: Argief

As jy groente op ’n gekleurde bord met prentjies van die verskillende voedselgroepe voor jou voorskoolse kind sit, gáán die kind dit waarskynlik eet.

Luidens ’n studie wat Maandag in Jama, die vaktydskrif van die Amerikaanse mediese vereniging, gepubliseer is, help borde wat gesegmenteer is met die kosse wat kinders moet eet dat kinders meer groente eet.

CNN berig dat navorsers sê dit kan ’n manier wees om kinders vroeg in hul lewe aan gesonde gewoontes bloot te stel.

Emily Melnick, ’n doktorale student in gesondheids- en gedragswetenskap aan die Universiteit van Colorado in Denver, sê dit is ’n baie belangrike tydperk in kinders se lewe om vrugte en groente te eet.

Die Amerikaanse departement van landbou het reeds vroeër op sy webwerf choosemyplate.gov voedselgroepe soos vrugte, groente, proteïne, graan en suiwel volgens kleure op ’n bord verdeel om gesonder eetgewoontes onder Amerikaners aan te wakker. Luidens die webwerf is die aanbevole hoeveelheid groente vir kinders tussen vier en agt jaar, een en ’n halwe koppie per dag.

Meer oor:  Kinders  |  Groente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.