Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dís die mites van psoriase

In Suid-Afrika raak psoriase ongeveer 3% van die bevolking. Die toestand word gekenmerk deur dik rooi vlekke, bedek met wit of silweragtige velskubbe.

Dr. Lushen Pillay, ’n spesialis-dermatoloog, sê psoriase is nie net ’n velafwyking nie. “Soos ander chroniese siektes, kan psoriase ernstige fisieke, emosionele en sosiale nood veroorsaak. Ongemaklikheid en misvorming maak erge psoriase ’n belemmerende siekte. Die letsels en bloeding is ’n oorsaak van groot verleentheid, skaamte en lae selfbeeld.”

Dr. Pillay sê met die Wêreld Psoriase-dag wat om die draai is, lig sy graag die mites oor psoriase uit.

Die behandeling vir psoriase is gewoonlik ’n tweeledige topiese salf en aanpassing van jou leefstyl en dieet. Foto: ISTOCK

Mite: Psoriase is net ’n veltoestand

Feit: Psoriase is ’n outo-immuunversteuring wat die hele liggaam kan affekteer. Dit hou verband met ’n hoër risiko van vetsug, diabetes, hoë bloeddruk, hoë cholesterol, hartaanval en beroerte. Om ernstige psoriase te hê, verhoog ook 46% van mense se kans om tipe 2-diabetes te ontwikkel, en mense met psoriase loop ook ’n groter risiko vir vetsug, kanker en Crohn se siekte.

Mite: Psoriase is aansteeklik

Feit: Psoriase is ’n oorerflike toestand en is nie aansteeklik nie. Die genetiese basis vir psoriase beteken dat dit binne gesinne oorgedra word. Kinders het ’n risiko van ongeveer 14% om psoriase te ontwikkel as een ouer die siekte het, en ’n 44%-risiko as albei ouers aan psoriase ly.

“Mense is dikwels bang dat die toestand aansteeklik is en vermy dus om naby iemand wat dit het, te kom. Navorsers probeer steeds uitvind watter ander redes daar is waarom mense psoriase opdoen,” sê dr. Pillay.

Mite: Medikasie is genoeg om psoriase te behandel

Feit: Behandeling vir psoriase moet medikasie sowel as gesonde leefstylverandering insluit. Die belangrikste omgewingsrisikofaktore is stres, alkoholgebruik en rook, asook die eet van rooivleis en oorgewig. Oefening en gewigsverlies kan help om psoriase en jou algemene gesondheid te verbeter.

Mite: Psoriase affekteer nie jou geestesgesondheid nie

Feit: Mense met psoriase het ’n hoër risiko vir depressie.

“Psoriase verhoog die risiko vir depressie en angs. Emosionele spanning is ’n groot oorsaak van psoriase-simptome. Selfs al het jy nie depressie nie, doen dus jou bes om stres en emosies met gereelde oefening, ontspanning en baie ondersteuning te bestuur,” sê dr. Pillay.

Mite: As behandeling vir psoriase nie dadelik werk nie, probeer iets nuuts

Feit: Behandeling vir psoriase neem dikwels tyd. As jy nie ’n verbetering in jou vel sien nadat jy met nuwe psoriase-behandeling begin het nie, moenie opgee nie. Dit kan ’n paar weke duur voordat medisyne vir psoriase in werking tree.

Dit is belangrik om te weet dat medikasie wat vir ander werk, miskien nie vir jou sal werk nie. Dit mag geduld verg om die regte terapie te kry, maar die goeie nuus is dat daar waarskynlik iets is om almal te help.

“Kombinasieprodukte is beskikbaar vir gebruik op die vel en hoef slegs een keer per dag toegedien te word. Behandelings wat calcipotriol en die anti-inflammatoriese gehalte van kortikosteroïede kombineer, is meer doeltreffend as slegs een van die bestanddele. Dit is reukloos en vlek nie klere nie, en omdat dit vinnig en maklik is om aan te wend, is mense meer waarskynlik om dit te gebruik,” verduidelik dr. Pillay.

  • Bron:Adcock Ingram.
Meer oor:  Psoriase  |  Vel  |  Mites
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.