Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dís hoe lastige vratte met laser verwyder word

Vratte is vleeskleurige groeisels op die vel wat gewoonlik grof voel, maar meestal pynloos is.

Kutane-vratte is goedaardige groeisels wat deur die menslike papilloomvirus veroorsaak word.

Eerstelynterapieë soos salisielsuur, krioterapie en baie tuisbehandelings kan egter ondoeltreffend wees, en dan is laserterapie die antwoord.

Alta van der Merwe, laseroperateur by Lasermed in Tygervallei, verduidelik hoe die behandeling van vratte werk.

Vratte kom meestal op die voete, hande en knieë voor. Foto: ISTOCK

Op watter dele van die liggaam kan vratte met laser verwyder word?

Die algemeenste plekke waar vratte voorkom, is op voete, hande en knieë. Oordrag vind plaas deur daaraan te krap en dan aan ander plekke of persone te raak. Laser vir vratte kan op enige liggaamsdeel gedoen word.

Kan vratte kwaadaardig wees?

Vratte is nie kwaadaardig nie, maar moet beheer word om die verspreiding daarvan te voorkom.

Hoe word vratte verwyder?

As jy vratte met ’n laser behandel, verhit die lig die bloed in die klein vaatjies in die vrat en vernietig die vate. Sonder bloedtoevoer sal die vrat doodgaan. Die laser se hitte kan ook die virus aanval wat die vratte veroorsaak. Laser vernietig selfs die vratweefsel.

Dis raadsaam om ’n uur en ’n half voordat jy die laserterapie kry, ’n verdowingsmiddel (EMLA) aanwend, aangesien die behandeling pynlik is. Bedek die gedeelte met kleefplastiek vir die beste resultate.

Laserbehandelings word met tussenposes van drie weke gedoen, en afhangende van die diepte en grootte van die vratte, kan verskillende behandelings oorweeg word. Pasiënte benodig dalk twee tot vier behandelings of soms meer.

Tussen behandelings kan jy voortgaan om topiese behandelings soos Duofilm of Wart Magic te gebruik.

Waarom is laserbehandeling meer doeltreffend?

Laserlig is ’n doeltreffende behandeling van herhalende vratte. Baie internasionale studies het getoon dat die Pulsed Dye Laser van 585 nm en die ND: Yag Laser van 1064 nm veilige, langdurige resultate lewer, aangesien dit die bloedvate teiken wat vratte voer.

Na laserbehandeling, kan ’n vrat weer op dieselfde plek ontstaan?

Laserbehandeling moet elke drie weke gedoen word tot die vrat heeltemal weg is. Anders bestaan die risiko dat dit kan terugkeer.

Meer oor:  Laser  |  Gesond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.