Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dís wat die versorging van verswakte bejaardes behels
Raadpleeg ’n tuisversorgingsmaatskappy vir die nodige inligting wanneer jy ’n tuisversorger vir jou geliefde oorweeg. Foto: ISTOCK

Soos jy ouer word, verswak jou gesondheid. Jy hoef egter nie bekommerd te wees nie, want daar is sorg beskikbaar vir wanneer jy hierdie tydperk in jou lewe bereik. Dr. Martin de Villiers, mediese direkteur van Medwell SA, vertel meer.

Wat is verswakte versorging?

Die kliniese sindroom van “verswakking” verwys na die agteruitgang van fisieke of verstandelike vermoëns in ’n persoon, wat gepaard gaan met verlies van krag, gewigsverlies, lae vlakke van aktiwiteit, afname in uithouvermoë, moegheid en verstadiging van aktiwiteite. Dit veroorsaak dat mense die vermoë verloor om daagliks hul normale aktiwiteite – soos om op te staan, aan te trek, badkamer toe te gaan, kos voor te berei en te eet – sonder hulp te kan doen. Hierdie verswakking kan primêr as deel van die verouderingsproses wees of dit kan sekondêr wees weens siektes wat ’n tol op die liggaam eis. Dus is dit nie altyd beperk tot bejaarde persone nie.

Verswakte versorging verwys dus na die aktiewe bystand aan ’n verswakte persoon om hierdie aktiwiteite wat daagliks in die normale lewe nodig is, te laat voortgaan binne die funksionele vermoëns van die verswakte persoon.

Waarna moet jy kyk wanneer jy verswakte versorging oorweeg?

Dikwels is dit die eggenoot of familie wat agterkom hulp is nodig. Verswakking gaan dikwels gepaard met die geleidelike uitdaging om bloot uit ’n stoel of uit ’n bed op te staan. So ’n verswakte persoon is meer geneig om te val en beserings soos beenbreuke of wonde op te doen. Dit word ook duidelik dat dit gevaarlik raak as so ’n verswakte persoon nog self motor bestuur, want dit is ’n risiko vir hulself of ander op die pad. Die stadige agteruitgang van verstandelike vermoë saam met die fisieke agteruitgang, bring risiko’s soos verplasing van beursies, sleutels en nog vele meer.

Die belangrikste is dus om bewus te wees van die uitdagings wat verswakking bring en betyds op te tree.

Watter dienste val gewoonlik onder verswakte versorging?

Die dienste wat benodig word, word bepaal deur die spektrum van verswakking. Hierdie dienste word bepaal deur ’n behoorlike assessering van die individu en die opstel van ’n formele versorgingsplan wat die sorgbehoeftes bepaal. Hier is insette vir die plan van aksie ook nodig vanaf die huisdokter, fisio- en arbeidsterapeute, asook maatskaplike werkers. Kry raad van ’n goed georganiseerde en bestuurde tuisversorgingsmaatskappy om hierdie insette bymekaar te bring en implementering te koördineer. Die dienste wat voorgestel word, kan wissel van ondersteunende dienste waar die individu nog redelik mobiel is, tot gespesialiseerde sorg by diegene wat nie meer mobiel is nie en meeste van hul tyd in die bed deurbring.

Wat is verswakte sorg tuis en ’n verswaktesorgsentrum?

Die keuses beskikbaar is om die verswakte persoon tuis te versorg of in ’n spesiale sorgeenheid te laat opneem. Hierdie opsies mag oor tyd verander na gelang van die toename van verswakking en verandering in byvoorbeeld sosiale omstandighede soos die verlies van ’n eggenoot of kinders wat emigreer. Waar tuisversorging moontlik is, bly die verswakte persone in die bekende omgewing van hul blyplekke, omring deur alles waaraan hulle gewoond is en by hul geliefdes. In sorgeenhede word mense verplaas na ’n omgewing wat spe­sialiseer in die versorging van verswakte mense, wat wel soms nodig is, maar wel ’n onbekende omgewing is. Die vraag is natuurlik of dieselfde vlak van sorg tuis gelewer kan word? Met die regte diensverskaffer is die antwoord beslis, ja.


GEBORG

Medwell SA

Shot of a senior woman in a wheelchair being cared

Medwell SA, met 20 jaar se ondervinding, bied ’n wye verskeidenheid dienste vir tuissorg deur ’n goed gespesialiseerde span.

Meer oor:  Gesond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.